Dik lae waterys op Mars gevind
Dik lae waterys op Mars gevind

Dik lae waterys op Mars gevind

Dik lae waterys wat tot 500 meter breed is en op plekke so hoog is soos 'n gebou met 30 verdiepings is op Mars gevind.

Dié waterys is blootgelê teen hellings wat besig is om te erodeer.

Volgens die navorsing wat in die ­vakjoernaal Science gepubliseer is, is agt sulke neerslae met Nasa se Mars ­Reconnaissance Orbiter (MRO) gevind.

Die ys is waarskynlik baie lank gelede as sneeu neergelê.

Aan die eenkant, teen 'n baie steil helling, is dit ontbloot en bo-op is dit bedek met sowat twee meter se stof.

Die ontdekking maak water nou ­aansienlik meer toeganklik vir ­toekomstige robotsendings of reise deur mense na die planeet.

Die terreine is op Mars se noordelike en suidelike halfrond.

“Daar is vlak waterys onder sowat 'n derde van Mars,” sê dr. Colin Dundas, 'n geoloog wat deel was van die studie.

Dr. Shane Byrne, verbonde aan die ­Universiteit van Arizona, wat ook deel van die span is, sê in 'n verklaring indien waterys oor 'n groot deel van die planeet net onder die oppervlak is, veral in gebiede wat minder ekstreem as die pole is, kan mense net vir dit grawe.

Indien 'n sending soontoe gestuur word om monsters van die waterys te kry, sal 'n mens in detail die geskiedenis van Mars se klimaat kan bestudeer. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!