Digitale geletterdheid neem Namibiërs verder

13 September 2017 | Maatskaplik
Maria Eiseb - Internasionale Geletterdheidsdag is onlangs deur volwasse studente en werknemers van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die hoofstad gevier.

Die tema vir die geleentheid was geletterdheid in 'n digitale wêreld.

Mnr. Daniël !Haosemab, het die veldtog vir volwasse onderrig in die ministerie van stapel gestuur.

Volgens hom het die projek destyds in 1992 met sowat 50 personeellede afgeskop.

Dié lede is as streeksgeletterdheidsorganiseerders (DLO's) opgelei, en vandag is daar 100 van hulle, het hy gesê.

“Volgens destydse navorsing was 80% van die bevolking nie geskool nie en ek het gedink ek moet iets doen om te help,” het hy gesê.

Die DLO's het onder meer skoolhoofde van verskillende skole ingesluit en moes toesig hou oor die opleiers van volwasse studente.

!Haosemab het gesê hulle het destyds in sewe streke sonder vervoer gewerk en moes ryloop om die gemeenskap aan te moedig om as volwasse studente te registreer.

By die byeenkoms het mnr. Lazarus Festus, 'n student, gesê hy het net Graad 7 behaal.

“Vandag kan ek lees en skryf,” het hy bygevoeg.

'n Dosent by die departement van lewenslange onderrig aan die Universiteit van Namibië (Unam), mnr. McDonald Gaomab, het tydens die byeenkoms gesê die fokus verskuif van tradisionele onderrigmetodes na hoër vlakke van digitale geletterdheid.

Volgens hom het tegnologie gekom om te bly en sowat 80% van die wêreldbevolking beskik oor 'n tegnologiese kommunikasietoestel.

“Die gebruik van tegnologie sal tot voordeel van diegene strek wat geletterdheid en volwasse onderrig nodig het,” het Gaomab gesê.

Soortgelyk

 

Theo Mujoro is nuwe hoof van verkiesings

12 ure gelede | Politiek

Mnr. Theophilus (Theo) Mujoro is vanaf 1 September vanjaar vir ‘n tydperk van vyf jaar aangestel as die nuwe hoof verkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van...

Nuwe spoedkameras getoets

13 ure gelede | Infrastruktuur

Die Namibiese polisie se verkeersbeamptes toets van gister af die werking van nuwe spoedkameras op Namibië se hoofpaaie. Veral in die Erongo- en Otjozondjupastreek word...

Onderwys: ‘Gebruik wat julle het om fondse in te...

13 ure gelede | Onderwys

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa het ’n beroep op skole gedoen om beskikbare middele te gebruik om fondse vir hul...

Otjomuru-kliniek aan regering oorhandig

14 ure gelede | Gesondheid

Die Otjomuru-kliniek naby die Otjomuru-nedersetting sowat 27 km oos van Okangwati in die Kunenestreek, is aan die regering oorhandig. Die konstruksie van die kliniek was...

Nuwe visekanselier vir Unam

14 ure gelede | Onderwys

Die Universiteit van Namibië (Unam) sal voorleggings deur die vier kandidate vir die universiteit se visekanselierspos regstreeks op YouTube, Twitter, Facebook en hul webwerf uitsaai.Die...

Windhoek se krane dalk oor twee seisoene leeg ...

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Windhoek het genoeg water om twee reënseisoene te dek, indien dit bykomende waterbronne in die Noorde, asook die Windhoek-akwifer onvolhoubaar gebruik én...

Wag die Skedelkus op Harry en sy bruid?

1 dag gelede | Toerisme

Des Erasmus - Prins Harry-koors teister die gebied tussen Hentiesbaai en die monding van die Kunenerivier op die noordgrens en die ooreenstemmende leeu- en renosterwêreld...

Weer vir 22 Junie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die verre Noordooste en die Khomasstreek wees. Elders sal...

Fosfaat-debat begin oor

1 dag gelede | Omgewing

Augetto Graig - Die ontginning van fosfaat op Namibiese seebodem is vir eers van die baan af. Die minister van die omgewing en toerisme,...