Diewe vort met N$1 miljoen uit Swakopmund-huis

07 August 2020 | Misdaad
Die Namibiese polisie sê verdagtes het gisteroggend ‘n kluis met N$1 miljoen daarbinne uit ‘n sakevrou se huis in Swakopmund gesteel.
Volgens die polisie het die inbraak tussen 08:00 en 09:00 plaasgevind en het die diewe ‘n huis in Topasstraat oopgebreek. Binne die huis het hulle ook ‘n kantoor se deure oopgebreek, waar die kluis gehou is.
Volgens die polisie was die kluis nie aan die muur vas nie. Behalwe vir die kluis, het die diewe niks anders geneem nie.
Die klaer kon aan die polisie ‘n foto van die motor verskaf wat glo deur die diewe gebruik is om weg te kom. Niemand is tot dusver in verband met die misdaad in hegtenis geneem nie.
Enige persoon met meer inligting oor die voorval word versoek om die hoof van misdaadondersoeke vir die Erongostreek, adj. komm. Erastus Ikuyu (081 246 4757) of vir adj. Inspekteur Rosa Tjihavero (081 413 7106) te skakel of hul naaste polisiestasie te kontak.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
10 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
1 dag gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
1 dag gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
1 dag gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
1 dag gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
1 dag gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
1 dag gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
1 dag gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
1 dag gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies