Diesel rem Windhoek se busdiens

11 August 2020 | Regering
Denver Kisting – Die City of Windhoek (CoW) het by monde van ’n woordvoerder, me. Lydia Amutenya, erken dieselprobleme het verlede week ’n aantal busroetes ontwrig.

Sy het Donderdag by navraag gesê: “CoW ervaar tans ’n vertraging met die aflewering van diesel.”

Hoewel sekere busse steeds op daardie dag volgens haar op die pad was, het dié dieselkopsere “minimale ontwrigting” teweeg gebring, het Amutenya gesê. “Minimale vertraging wat beteken sommige busse was nie Donderdagoggend op die pad nie.”

Volgens haar dra sy nie kennis van enige betalingsdispuut wat moontlik tot die vertraging aanleiding gegee het nie. “Ek is nie bewus van enige dispuut nie, maar ek sal uitvind.”

Sy het egter nie op navrae oor die rede vir die vertraging geantwoord nie.

Ondanks verskeie ondernemings om aan te dui oor presies hoeveel busse CoW beskik en hoeveel roetes deur die onderbreking geraak is, het Amutenya teen druktyd nog nie verdere inligting verstrek nie.

Gisteroggend het sy gesê die dieselprobleme is iets van die verlede en alle busroetes is Vrydagmiddag hervat.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Paartjies vernoem babadogters na Erindi

4 ure gelede | Gemeenskap

Yolanda Nel – Nie een nie, maar twee paartjies het op Erindi tydens hul reise na Namibië verlief geraak en hul babadogters na die gewilde...

'Sê vir ons oor Air Nam se geldsake’

4 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Werknemers van Air Namibia wat gister net 50% van hul maandelikse salaris ontvang het om só die benarde kontantvloei te beredder, wil...

Weer vir 30 September 2020

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met enkele buie. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar warm in die ||Kharasstreek....

Houtskool: Eendagtegniek beter, goedkoper

4 ure gelede | Byvoegsels

Elvira Hattingh'n Nuwe verbrandingstegniek waarvoor tradisionele kilns ingespan kan word, verkort nie net houtskool se verbrandingstyd na een dag toe nie, maar is ook meer...

Etosha-ollie met strik gevind

4 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – ’n Olifantjie wat Sondag met ’n kabelstrik om die voorbeen naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gewaar is, sal vandag van...

Steel van Covid-19-oorskot veroordeel

4 ure gelede | Misdaad

Ester Kamati – ’n Groep gemeenskapslede wat ’n Covid-19-oorskot uit die lykshuis van die Osire-vlugtelingkamp gesteel en dit dieselfde dag begrawe het, se optrede is...

La Niña amptelik aan stuur van (weer)sake

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dis amptelik – La Niña, wat dikwels vereenselwig word met beter reënneerslae in suider-Afrika, is aan stuur van die wêreld se weersake....

'Toerismebedryf moet aanpas'

4 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg op Solitaire – Die toerismebedryf moet by die veranderde omstandighede weens die Covid-19-pandemie en -regulasies aanpas om te oorleef.Só het mnr. John de...

Klag teen eerste minister faal

4 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoekbeampte, mnr. Phelem Masule, se regsgeding teen die Namibiese eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is van die hofrol...