Diescho landuit
Diescho landuit

Diescho landuit

Die professor sê dit is besonder moelik om geen rol in sy moederland te kan speel nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman- Namibië is verlede Donderdag een van sy akademici kwyt.

Prof. Joseph Diescho het Namibië verlede week vir Berlyn in Duitsland verruil.

Diescho sê dit was “noodsaaklik om uit die land te kom” ná sy jare lange openbare vete met pres. Hage Geingob en die beweerde vyandigheid van openbare instellings.

“Ek het in Europa aangekom en is nou deel van die lang ry Afrikaner-beroepslui wat uit hul geboorteland gedryf word deur vyandige en anti-intellektuele omgewings waarin hulle nie toegelaat word om hul land as mense te dien wat kennis skep en oodra nie,” het Diescho gister op pad Frankfurt toe gesê.

Diescho is nie seker hoe lank sy selfopgelegde ballingskap sal duur nie.

“Europa en Amerika het hul eie siekte van vreemdelingehaat, wat dinge moeilik maak vir diegene wat van hul eie regerings vlug. Ek is op soek na betekenis en tersaaklikheid op gebiede waarvoor ek bevoeg is, en ek bid tot God dat iets sal opduik,” het Diescho oor sy toekomsvooruitsigte in die buiteland geskryf.

Hy sê hy het gehoop 'n klein land soos Namibië, met soveel welwillendheid, kan meningsverskille beter as die res van Afrika bestuur.

"Ek het geen misdaad gepleeg, geen wet oortree of my diensooreenkoms met die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) verbreek nie," het hy gesê.

“Dit is besonder moeilik om sonder ’n betrokke rol in my moederland te wees,” skryf Diescho.

Voortgesette stryd met president

Diescho is in 2015 as uitvoerende direkteur van Nipam afgedank.

Hy het gesê dit was 'n polities gemotiveerde skuif om hom te straf vir sy kritiese rubriek, “Diescho's Dictum”, wat in New Era, ’n koerant in staatsbesit, gepubliseer is.

Diescho het gesê hy is ná sy afdanking deur vier ministeries genader, wat van sy vaardighede gebruik wou maak, “maar dit is op 'n hoër vlak geblokkeer”.

Volgens hom wou banke, waarvoor hy dienste gelewer het terwyl hy nog in Suid-Afrika was, nie meer van sy dienste gebruik maak nie, aangesien hy nou as 'n “politieke risiko” beskou word.

Verder het Diescho gesê die nasionale uitsaaier (NBC) het glo die oggend voor 'n persoonlike onderhoud met hom gevoer sou word, die onderhoud gekanselleer met die verskoning dat dit “nie veilig” was om daarmee voort te gaan nie.

Diescho beweer ook die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), wat hom en ’n Zimbabwiër verlede jaar genader het om te help met kwalifikasie-assessering, het ook op die nippertjie gekanselleer en gesê hy is "nie welkom nie as gevolg van die politieke klimaat”.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) is glo ook verlede jaar, ná Diescho uitgenooi is om aan ’n projek deel te neem, deur die nasionale speaker prof. Peter Katjavivi aangeraai die uitnodiging sou “nie goed met Staatshuis afgaan” nie.

“Ek kon nie eers aan die konferensie deelneem nie. Op aandrang van prof. Katjavivi is ek toegelaat om die konferensie by te woon, maar die oomblik toe ek die saal betree het, het goedgesinde lede van die parlement my aangeraai om eerder niks te sê nie,” beweer Diescho.

Hy sê ook ná hy uitgenooi is om die Rooms-Katolieke kweekskool se eerste gradeplegtigheid by te woon, hy drie dae voor die geleentheid laat weet is hy is nie meer welkom nie, omdat daar “belangrike gaste sal wees”.

Diescho het verder gesê hy is ook glo verhoed om die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewings-koalisie van die Katolieke Kerk in Gaborone in Botswana toe te spreek, omdat die Namibiese regering glo nie “gelukkig met hom was nie”.

Hy sê sy versoek om in te sit as waarnemer by die tweede nasionale grondkonferensie is glo ook “summier” deur die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, ontken.

Diescho sê hy is in 2016 uitgenooi om tydens die HaMbukushu-kultuurfees die gemeenskap se geskiedenis voor te lees, maar is na bewering deur ’n oproep van die president se kantoor af gefnuik.

Hy sê verder Geingob het geweier om die geleentheid by te woon omdat Fumu Ervin Munika dié opdrag verontagsaam het.

“En so gaan dit voort,” sê hy.

Diescho voer aan selfs familie en vriende het begin om hom te vermy ná hulle glo oproepe van “staatsamptenare” ontvang het oor “wat hulle besig is om met hom te doen”.

“Ons gaan nou ’n gewelddadige en wettelose tydperk van ons land se geskiedenis binne, en ek weet nie meer waar ek gaan wees nie, maar dit maak nie meer saak nie,” skryf hy.

Dr. Alfredo Hengari, die presidensiële woordvoerder, sê Staatshuis sal in ’n latere stadium op Diescho se aantygings reageer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%