Dieretuin-diere vind nuwe heenkome

Park sluit deure weens ekonomie

20 May 2020 | Sakenuus
Yolanda Nel - Die ekonomie het meer as een besigheid die afgelope ruk in finansiële moeilikheid laat beland. Vir die Haven Zoological Park in Kleine Kuppe moes al die diere elders gehuisves word, terwyl ’n onseker toekoms hulle in die gesig staar.

Vir me. Anta Mandy, eienaar van die park, is diere se welstand ’n prioriteit.

“Ons het nooit die diere verwaarloos nie,” het sy in ’n emosionele onderhoud beklemtoon nadat ’n boodskap op sosiale media versprei het dat die park bankrot is en dat die diere besig is om op die perseel te vrek.

Volgens die inskrywing is die diere “in rowwe omstandighede” na NamBoer Auctioneers se perseel vervoer. “Ons as vrywilligers het ons bes probeer om die diere kos te gee (daar is nie genoeg voer vir al die spesies nie). As jy dit ooit oorweeg het om konyne, hoenders, duiwe of marmotte te kry, gaan koop dit, want baie (diere) is al dood weens die koue en spanning.”

Mandy sê dit is eenvoudig nie waar dat die diere in rowwe toestande vervoer is of dat diere op haar perseel dood is nie.

Volgens haar het NamBoer gehelp met die vervoer van die diere om hulle by die afslaersperseel te huisves.

“Ek het min ander keuse gehad as om die diere te verskuif, omdat ons die afgelope ruk inbrake gehad het. Eers was tafels en stoele gesteel, maar ons het daarna opgemerk dat van die diere verdwyn het. Een aand was daar by ’n hok ingebreek en ’n klomp voëls het weggevlieg,” het sy gesê.

Hoewel die inperking haar gedwing het om die deure te sluit, knyp die ekonomie haar besigheid reeds veel langer en word ’n heropening tans nie as ’n opsie beskou nie.

Vandat die diere na NamBoer verskuif is, is die meeste reeds verkoop en kon sy gelukkig uit hierdie inkomste haar personeel en diensverskaffers betaal.

Mnr. Xico Coetzee van NamBoer het Republikein na die perseel genooi om die opset te kom besigtig, waar hooibale tussen die hokke gestapel is om die diere teen die koue te probeer beskut. Volgens hom is die diere verlede Donderdagmiddag en Vrydagoggend van die park na hul perseel verskuif. “Teen Vrydagmiddag het ons reeds sowat 70% van die diere verkoop.”

Die res is Maandag verkoop, met net ’n hand vol marmotte wat nog sonder nuwe huise was.

Vier marmotte is dood weens die stres van verhuising, het beide Coetzee en Mandy erken. Coetzee sê dié wat dood is, was skaars ’n week oud.

“Al die ander diere het die skuif oorleef. Dit is ongelukkig die risiko wat ’n mens loop wanneer jy diere vervoer.”

Mandy het in die verlede al van die diere by Coetzee gekoop en NamBoer was bereid om haar in hierdie tyd te help. Sy sê haar foon lui sedert Sondag sonder ophou en sy word beskuldig dat sy die diere verwaarloos. “Ek word met beskuldigings gebombardeer, maar niemand het my gebel om selfs te vra wat my kant van die saak is nie,” het sy gesê.

Mandy het die Haven Zoological Park in Augustus 2017 oorgeneem en het groot planne gehad om die atmosfeer van ’n stedelike plaas (“urban farm”) te skep waar kinders en volwassenes kan ontspan en speel.

“In hierdie moeilike ekonomiese tye hou mense vas aan hul geld en enige vorm van vermaak word nou as ’n luukse gesien. Ek voel asof ek misluk het.”

Die NamBoer-perseel is reeds deur die DBV en die Cat Protection Society geïnspekteer. Die DBV-takbestuurder, Sylvia Breitenstein, het bevestig dat ’n inspeksie uitgevoer is en dat die saak gemonitor word.

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

3 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...