'Dierbare' Nel-egpaar wéér op plaas oorval

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - “Die Here se genade was groot,” sê die 84-jarige me. Joey Nel van Ons Plaas buite Tsumeb, wat laat Woensdagmiddag vir die tweede keer in ses jaar saam met haar man, die legendariese mnr. Lukas Nel (95), in hul huis oorval en beroof is.

Die egpaar is omstreeks halfses, toe hulle gereed gemaak het om die aandsepies op TV te kyk, deur drie mans in hul huis oorrompel.

Die rowers het hulle hardhandig rondgepluk en gedreig om hulle dood te maak as hulle nie die geld in die huis vir hulle gee nie.

Nel, ’n veteraan uit die Tweede Wêreldoorlog en destydse bevelvoerder van die Etosha-kommando, het gister aan Republikein vertel die mans het Woensdagmiddag op hul plaas, 7 km buite Tsumeb, aangekom en gesê hulle wil bokke koop.

Hy het hulle gevra om vyfuur terug te kom wanneer die kleinvee uit die veld aangekeer word na ’n kraal by die huis. Hulle het egter eers halfses daar aangekom toe sy plaaswerkers reeds huis toe is.

Hulle het die bokke uitgesoek wat hulle kwansius wou koop en gevra of hy vir hulle ’n faktuur kan gee sodat hulle ’n permit vir die vervoer daarvan kon uitneem.

Nel het hulle vooruit geloop na sy kantoor in die huis, waar een van die mans hom gegryp, rondgepluk en geklap het. Hy het ook gesien hoe hulle sy vrou, wat voor die TV gesit het, klap en met haar in ’n struweling betrokke raak.

“Ek was ’n bietjie parmantig met hulle,” het sy gister vertel. “Veral toe een my kierie gryp en my hondjie, Strepie, wat vreeslik geblaf het, daarmee slaan en haar nog skop ook.”

Sy sê hulle is bly hulle leef, maar voeg by: “Jy weet, as ek hom in die hande kry, draai ek sy nek om.”

Volgens me. Nel het die mans laat blyk hulle het by die plaaswerkers gehoor daar is baie geld in die huis. “Dit is vir my die slegste van alles. Want dit het die hele gesindheid hier op die plaas verander. Ons het altyd almal vertrou. Hoe moet jy nou weet jy stel ’n wolf in skaapsklere aan?” het sy ontsteld gesê.

Nel vertel die mans het hom na hul slaapkamer geneem en aanhoudend geld geëis. Hulle het ’n deur tussen twee vertrekke oopgebreek, kaste oopgeruk, sy militêre uniforms uitgepluk en selfs die matras omgekeer.

Die rowers het ook die CCTV-kameras afgeruk en stukkend gebreek.

“As jy ’n grootmens is soos ek, weet jy jy moet jou nie verweer nie. Daarom het ek vir hulle gesê hulle kan vat net wat hulle wil, hulle moet ons net nie seermaak nie,” vertel die bejaarde Nel.

Die mans het uiteindelik, nadat hulle die Nels se hande vasgebind het en hulle in die motorhuis ingeboender het, met hul dubbelkajuitbakkie van die plaas af gevlug. Verder het hulle ook sowat N$16 000 in kontant en die egpaar se selfone gesteel.

Die bakkie is later op die dorp gevind waar die rowers dit gelos het en verder gevlug het.

Intussen was daar gister ’n toestroming van bekommerde inwoners van dié dorp na Ons Plaas om die Nels by te staan en te bemoedig.

“Met groot dankbaarheid kan ek berig dat oom Lukas en tannie Joey Nel ongedeerd is ná die roof by hul tuiste laat gistermiddag. Die kneusplekke sal gesond word. Dit bly egter ’n traumatiese ervaring vir die twee dierbare mense. Ons hoop die oortreders word spoedig vasgevat,” het me. Debra Sachse op Facebook gesê.

Nel was tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n vlugingenieur aan die kant van die Geallieerdes en het in Noord-Afrika en Italië diens gedoen.

Die egpaar het voorheen die plaas Malta besit, wat Nel so genoem het ter herinnering aan ’n noodlanding op die eiland Malta gedurende die oorlog.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.72 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.13/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 867.90/T UP 1.63% | Brent Crude Oil US$ 87.63/BBP UP +0.53% | Platinum US$ 929.57/OZ DOWN -0.0071