Diego Cão se klip kruis kom huis toe
Ronelle Rademeyer - Die oorspronklike klip kruis wat 533 jaar gelede deur die Portugese ontdekkingsreisiger, Diego Cão, by Kaap Kruis opgerig is, kom huis toe.
Hy was die eerste Europeër om in Namibië voet aan wal te sit. Hy het in 1486 'n kruis van 3,5 m hoog by Kaap Kruis opgerig.
Die oorspronklike kruis het vir 400 jaar hier gestaan tot 'n Duitse matroos dit in 1893 goedgedink het om dit te verwyder en saam met hom huis toe te neem. 'n Replika is later opgerig.
Die Duitse minister van kultuur, me. Monika Gruetters, het Vrydag in Berlyn aangekondig dié belangrike geskiedkundige artefak sal in Augustus na Namibië gebring word.
Sy het gesê die gebaar toon Duitsland kyk sy koloniale verlede in die oë.
Namibië se ambassadeur in Duitsland, mnr. Andreas Guibeb, het die geleentheid in die Berlynse museum bygewoon.
Foto: Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie