Die Zondo-kommissie gee SA hieroor hoop

Die Valke se optrede wyd verwelkom

05 September 2018 | Afrika
Llewellyn Prince - Die Zondo-kommissie het toe sy eerste slagoffer geëis – ’n hooggeplaaste Valke-ondersoeker – en dít kan die land hoop gee dat almal wat betrokke was by die plundering van die staatskas tóg daarvoor aanspreeklik gehou sal word.

Die vinnige optrede deur die Valke kan ook help om vertroue in dié eenheid te herstel. Sy reputasie het erg gely weens onthullings dat dit onder leiding van sy nou afgedankte hoof, lt.genl. Berning Ntlemeza, alles moontlik wou doen om enige ondersoeke na staatskaping in die kiem te smoor.

Mcebisi Jonas, oud-adjunkminister van finansies, het voor die kommissie onthul hoe genl.maj. Zinhle Mnonopi, hoof van die Valke se korrupsietaakspan, probeer het om die ondersoek na Ajay Gupta se beweerde omkoopaanbod van R600 miljoen aan Jonas om minister van finansies te word, “dood te maak”.

Die nuwe Valke-hoof, lt.genl. Godfrey Lebeya, het dae later aangekondig Mnonopi is hangende ’n interne ondersoek geskors.

Die kommissie se getuienisleiers het dit verlede week pertinent gestel dat daar uit die getuienis reeds ’n patroon te sien is van hoe Valke-ondersoekers destyds probeer het om hul eie ondersoeke na staatskaping onder die mat te vee.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het in ’n televisie-onderhoud wéér die versekering gegee dat die Valke-bestuur sal optree teen enige van sy lede wat by staatskaping betrek word.

Die Valke se optrede teen Mnonopi is wyd verwelkom, met Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, wat gesê het die komitee is verheug, veral omdat die Valke op die voorgrond moet wees om op te tree teen georganiseerde en ernstige ekonomiese misdade.

KRUISONDERVRA

Intussen het die Zondo-kommissie ook gehoor dat die voortvlugtige Gupta-broers, sowel as Duduzane Zuma, oudpres. Zuma se seun, en die sakeman Fana Hlongwane almal aansoek gedoen het om getuies soos Jonas, Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, en Themba Maseko, voormalige GCIS-hoof, wat reeds getuig en hulle by staatskaping betrek het, te kruisondervra.

Ajay Gupta het luidens berigte selfs die vermetelheid gehad om die kommissie te versoek om getuies deur ’n videoskakel vanaf sy wegkruipplek in Dubai te kruisondervra “weens sy wantroue in die polisie en die nasionale vervolgingsgesag”. Dit kan aangeneem word dat hy vrees hy sal in hegtenis geneem kan word die oomblik as hy in Suid-Afrika land.

Opvallend is dat Zuma sr. nog nie formeel aansoek gedoen het om getuies te kruisondervra nie.

Die kommissie se voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, het vroeër aangedui die kommissie is bereid om almal wat deur getuienis geïmpliseer word die geleentheid te bied om voor die kommissie te getuig as hulle enige getuienis wil betwis.

Dit wys duidelik dat Zondo deeglik agter die kap van die staatkapingsbyl wil kom. Dit is noodsaaklik, veral as sy kommissie nie dieselfde pad wil loop as talle vorige kommissies wie se bevindings op die ou einde net warm lug was nie.

· Prince is Netwerk24 se parlementêre verslaggewer. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

11 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

11 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

11 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

11 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

11 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...