Die wonderwerk van Sanmarie
Die wonderwerk van Sanmarie

Die wonderwerk van Sanmarie

Ná twee suksesvolle stamselbehandelings is 'n vierjarige dogtertjie van Windhoek vandag 'n woelige rooikop wat hou van drukkies.
Henriette Lamprecht
“Dit was vir my ‘awesome’ om te sien my dogtertjie toon emosie en lag en gee vir my drukkies!" - Mariaan Kellerman (ma)

Henriette Lamprecht – Dis moeilik om te glo daar was ’n tyd wat die rooikopdogtertjie wat uit haar stootwaentjie beur en nuuskierig ondhardloop en drukkies uitdeel, net gelê het en geen emosie getoon het nie. Die vierjarige Sanmarie Kellerman is ’n bondel bewegende lig wat nie sommer stilsit nie, die teendeel van die dogtertjie met ’n frontalelobbesering wat sedert haar geboorte en eerste paar jaar van haar lewe net “gelê het en geen emosie getoon het nie”.

“Sy kon ook nie verstaan as ’n mens met haar praat nie. Soos wat sy begin grootword het, het ek ook gesien sy kan nie loop nie,” vertel ma Mariaan.

As ma was dit vir haar “bitter moeilik” om te verwerk wat met haar rooikoppie fout was.

“Ek het gebid en gevra die Here moet iemand op my pad stuur wat my dogtertjie kan genees.”

Die man wat Sanmarie se lewe sou verander, was dr. Hein van Wyk wat stamselbehandelings in Witrivier, Suid-Afrika, doen.

Mariaan het haar tot die internet gewend om soveel moontlik inligting oor Van Wyk en sy behandelings in te win.

In September 2016 ontvang Sanmarie haar eerste behandeling by Van Wyk.

“Ek het dit in geloof gedoen. Ek het geweet die Here sal haar genees en Hy sal deur dr. Hein werk om dit te doen,” vertel ’n emosionele Mariaan.

“Toe ons daar kom, het dr. Hein vir my gesê ek moet iemand in my lewe vergewe, anders kan die Here haar nie genees nie. Dit was bitter moeilik, maar ek het dit gedoen sodat ek kan vry kom. Ek het die persoon vergewe en vrygespreek.”

Alles het in plek geval, sê sy dankbaar; die Here het haar rooikopdogtertjie deur dr. Hein begin genees.

Reeds in die tyd wat sy en Sanmarie nog in Witrivier was, het sy begin emosie toon en self begin eet, iets wat sy nog nooit voorheen gedoen het nie.

“Dit was vir my ‘awesome’ om te sien my dogtertjie toon emosie en lag en gee vir my drukkies! Sy kon ook verstaan as ek met haar praat. Sanmarie het die aand ná die stamselbehandeling by dr. Hein self jogurt geëet; sy wou sommer als self eet wat sy sien!”

Dit was vir Mariaan ‘n groot wonderwerk, ‘n eer wat sy aan die Here opdra.

Sanmarie, wat vroeër ook nie kon loop nie, het ook “op haar boudjies” begin skuur waar sy voorheen net gelê het.

Volgens Van Wyk beskik stamselle oor die “merkwaardige” potensiaal om in baie verskillende seltipes tydens vroeë lewe en groei te ontwikkel.

“Daarmee saam dien baie weefsels as ’n soort van interne herstelstelsel wat in beginsel sonder beperking verdeel om ander selle te herlaai,” verduidelik hy.

Onder Van Wyk se sorg ondergaan pasiënte ’n twee week lange ultra-sellulêre detoks sodat die plek van degenerasie in die liggaam gevind kan word. Daarna word die pasiënt se eie stamselle (meestal van vetselle) geoes en ingespuit. Volgens Van Wyk het plaatjies primêr ’n onmiddellike, neuro-anti-inflammatoriese uitwerking. Tweedens “roep” hulle die stamselle, verduidelik hy, en gaan na die area van inflammasie.

“Plaatjies het ’n baie breër anti-inflammatoriese gebruik as ander anti-inflammatoriese medikasie.”

Plaatjieryke plasma (PRP) is plasma met baie meer plaatjies as wat tipies in bloed gevind word.

“Om ’n PRP-voorbereiding te ontwikkel, moet bloed eers by die pasiënt getrek word. Die plaatjies word van ander bloedselle geskei en hul konsentrasie word tydens ’n proses (sentrifugasie) verhoog. Die verhoogde konsentrasie van bloedplaatjies word met die oorblywende bloed gekombineer.”

Volgens Van Wyk kan ’n verskeidenheid siektes en toestande met stamselterapie behandel word en is daar ’n redelike hoë sukseskoers met outo-immuunsiektes, hoë cholesterol, traumabeserings, degeneratiewe siektes sowel as sielkundige afwykings.



“Toe ons terug is in Namibië het sy ’n tydjie ná ons terugkeer begin loop. Ek het gehuil van dankbaarheid! Dit was vir haar ‘snaaks’ om te voel en te sien sy kan loop; sy het opgewonde geraak as sy dit regkry,” sê ’n dankbare Mariaan.

In Augustus 2017 het Mariaan en Sanmarie vir haar opvolgbehandeling na dr. Hein teruggekeer. Dié keer is ouboet Jano (15) wat blind in sy regteroog is, ook vir dieselfde behandeling saam.

Jano het die dag ná sy behandeling wakker geword met die woorde: “Mamma, ek kan sien!”

“Ek het gehuil, want Jano se oog waarmee hy kon sien, het altyd moeg geraak omdat al die fokus op dié oog was. Hy was altyd so moeg en het geweldig gesukkel op skool omdat hy nie met sy regteroog kon sien nie. Nou kan hy danksy God en dr. Hein sien!”

Sanmarie maak steeds vordering, praat al ‘n paar woorde, hardloop die wêreld vol en wil alles self doen, vertel ‘n trotse Mariaan.

“Sy is so ‘n vreugde. Vir Jano is dit ook lekker om weer te kan sien!”

Sy vertel “dr. Hein hou van wonderwerke, want dit versterk geloof”.

“Die stamselbehandelings is ‘n groot wonderwerk en ‘n reusesukses, want so het God deur dr. Hein gewerk om my kinders te genees.”

Beide Sanmarie en Jano gaan einde April vir opvolgbesoeke. Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds nie, tog is daar telkens op hul pad na genesing voorsien.

“Ek wil graag dankie sê aan almal wat my met Jano en Sanmarie ondersteun, dit word opreg waardeer!”

Vir meer inligting oor hul genesingsreis en om welke bydrae ook al te maak, kan Mariaan by 081 416 0191 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%