Die wonder van ba’erfááis en kokkie-kokkies

10 February 2020 | Rubrieke
“Ouma, wa’ kokkie-kokkies?”

‘n Verwarde frons hang bo die groot blou oë – amper so verward soos toe hy vroeër die oggend toe hy vir die eerste keer in sy twee-en-‘n-half jaar met ‘n kokkie-kokkie kennis gemaak het.

Toktokkie is ‘n gróót woord vir ‘n klein mannetjie. Kokkie-kokkie het makliker oor die lomp tongetjie gerol, wat deesdae gulsig nuwe woorde opslurp.

Aanvanklike skrikkerigheid is vinnig oorweldig deur gretige nuuskierigheid oor dié swart gogga. Ouma moet dit eers vashou. Troos met: “Dit kan nie byt nie.” Toe saggies op ‘n bewerige handjie neersit.

Die senuweeagtige giggel vir die kokkie-kokkie se kielie-voetjies soos hy die seuntjie se palm verken, laat die kosmos in die lappie grond blom. Dis soos water wat borrel: Dié ontdekking van nuwe lewe.

“Wa’ bakkie?” Die beentjies – elke dag meer selfversekerd – koers kombuis toe. Na die kas met die plastiekhouers waar hy van dag een carte blanche het. Die ongeduldige stortvloed van bakkies lewer ‘n huisie vir kokkie-kokkie op.

“Kom Ouma.” Die klein handjie trek my opgewonde verder die tuin in. “Nóg kokkie-kokkies.”

Heeltyd speeltyd. Kokkie-kokkies word met grond en grassies bederf. Saggies uitgehaal – “nie seermaak nie” – agtervolg, opgetel en gebêre.

Teen sonsondergang laat ek die kewertjies skelm vry. En kort daarna: “Ouma, wa’ kokkie-kokkies?”

“Hulle mamma het hulle geroep,” vat ek die gaping.

‘n Kokkie-kokkie kan immers dít vermag waaroor grootmense net kan droom. Kokkie-kokkies eet hul kos, want dit maak hulle sterk. Hulle is baie liewer vir groente as soetgoed. Hulle bad en slaap graag. Is lief vir skool. Kokkie-kokkies kóók.

Kokkie-kokkies stof weer die kind in hierdie ouma af.

Kom kuier die laaitie smiddae, trippel ons tuin-af na waar die kokkie-kokkies wag. Eindelose stories met groot stertjies word oor die kokkie-kokkiefamilie gevleg.

Ook oor hul maatjies: Die ba’erfááis. Let wel: Nie skoenlappers nie, ba’erfááis. Spinkane, bitspinkane en motte.

Kakkejakke is nie gunstelinge nie. Ook nie vlieë nie. En beslis nie duisendpote nie. Hulle is krokkodille!

“Ma, hy wou gister ‘n spinnekop vang!” betig ma Cloey vir Ouma.

Oeps! Ouma sal Bri-Bri baie vinnig die verskil tussen ses en agt pootjies moet leer. Hy’s darem al by een, twee, deeee, vyf! Kan nie té moeilik wees nie.

Wat ‘n voorreg om saam met ‘n kind die towerwêreld van goggas en die natuur te ontdek. Jouself te hérontdek. Klein vingertjies te leer hoe om in klam grond na skatte te soek. Onder klippe wonders te vind.

Die saadjie te kan plant dat ons almal deel van ‘n skepping soveel groter as onsself is. Dat elkeen van ons – maak nie saak hoe groot of klein, hoe mooi of lelik – ‘n plekkie in die son verdien nie. Dat daai plekkie daar is vir ‘n doel. Dat ons almal armer sonder mekaar se plekkies is.

Dat voor die voet doodmaak nie die antwoord is nie. Al is ons bang en al kan ons seerkry. Dat leer ken en verstaan dikwels medisyne vir vrees is. Dat dit beter is om ‘n iemand te roep om te kom vang en iewers te gaan vrylaat waar dit veilig vir almal is.

Daar’s so baie wat ons ons kinders oor hierdie wonderlike wêreld van ons móét leer. So baie wat ons reeds vergeet en danksy hulle weer kan onthou.

Dit begin by kokkie-kokkies en ba’erfááis en bitspinkane.

Dit kring uit na plastiek en steenkool en olie en chemikalieë.

En draai by ysberge wat smelt en die see en die verskroeide aarde. En geld en honger en plae en oorloë.

En té veel mense met té min hart.

Dis nie ‘n sprokie nie.

Maar ons moet ons kinders leer dis ‘n verhaal wat ons almal help skryf. ‘n Gelukkige einde vir dié storie lê in óns hande.

En dié storie begin by die kokkie-kokkies en ba’erfááis en bitspinkane in ons droë tuine.

Soortgelyk

 

Kenner van familieondernemings kom lewer praatjie

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Een van Suid-Afrika se voorste kenners van familieondernemings lewer Vrydagoggend op uitnodiging van die kultuurorganisasie, Netwerk, ‘n ontbytpraatjie by Am Weinberg Hotel in Windhoek.Prof. Elmarie...

Nog water vir Hardap en ses ander

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.Volgens NamWater se jongste...

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

2 ure gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

3 ure gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

5 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

5 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

16 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

16 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...