Die waterbreker deur Melanie Grobler

18 November 2004 | Kollig
Die waterbreker is die naam van \'n verbeelde skip, ook soms genoem Die boegbreker, omdat dit die boeg is wat letterlik die water vorentoe oopbreek. Die digter neem jou op \'n argetipiese reis oor die drumpel van die bewussyn in \'n nuwe dimensie: sy sien haarself as vaarder asook waterkliewende boegbeeld, die boegvrou. Tergelykertyd is Die waterbreker ook die naam van die op-die-golwe-van-die-wind-gedrae strandhuis waarin sy woon en skryf.
Die krag van hierdie bundel lê veral in die natuurstemmings wat subtiel opgeroep word en \'n dieper bewussyn van die natuur in die lig van innerlike liefdes- en doodservaringe.
Melanie Grobler het in 1992 die Rap-portprys verower met haar debuut-bundel Tye en Swye in die Lewe van Herster H. Verskeie van haar gedigte en kortverhale is opgeneem in versamelbundels. Sy het \'n doktersgraad in kunsgeskiedenis verwerf en neem reeds die afgelope twintig jaar deel aan kunsuitstallings. Sy woon op Pringlebaai aan die Kaapse kus.
Die waterbreker (ISBN: 0624042294) is deur Tafelberg vrygestel en kos N$89,95.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

23 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

23 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

23 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

23 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...