Die waarde van waardering

14 June 2019 | Rubrieke
Waardeer jy wat jy het? Regtig? Het jy al daaroor gedink? Het jy al probeer ? ’n Lys gemaak? Hoe ver het jy gekom? Hoe lank is jou lys? Was daar dalk iets wat jy in die proses raakgesien het wat jou verbaas het? Was daar iets wat jou verras het? Indien nie, doen jy dit beslis verkeerd.

Die ding van waardeer is dit: daar is altyd meer. As mens kyk na iets om te waardeer, vind mens altyd meer om te waardeer. Dit is hoe dit werk. Die teenoorgestelde werk net so goed. Soek iets om ongelukkig oor te wees en jy sal kry. Die wêreld is vol redes om heeltyd met trane in die oë rond te loop. Ellende is volop in die lewe.

Tog is die wonder van die lewe net so volop. Die pragtige, vrolike, goeie van die lewe is oral om ons. Soms sien ons dit net nie raak nie. Dis te verstane.

Daar is baie wat mens se aandag van die goedheid van die lewe kan aflei. Elke dag gebeur ten minste een ding waaroor mens net wil huil.

Dis juis hierin wat die waarde van waardering lê. Dié wat waardeer en dit as gewoonte aankweek, sien vinnig die wonders van die lewe raak.

Selfs die vreugde van asemhaal kan so iemand verstom. Des te meer die oomblikke wat uitstaan, soos ’n babadogtertjie se glimlag, of die trots op ’n seun se gesig wanneer hy dit vir die eerste keer regkry om sy fiets alleen te ry.

Baie van hierdie spesiale oomblikke word misgeloop. Dikwels gaan die beste van die lewe by ons verby terwyl ons aan ander, sogenaamde belangriker dinge aandag gee. Dit is menslik, maar nie noodwendig die beste benadering tot die lewe nie.

Daar is ’n manier om te stop en die lekker dinge in die lewe raak te sien. Die geheim is waardering.

Waardering is ’n vaardigheid – iets om in te oefen, om te bemeester.

Die waarde van dié vaardigheid kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Dit verander mens se hele lewenservaring en benadering tot die lewe.

Dit verryk jou perspektief.

Daar is sterkte daarin. Dit gee mens die vermoë om die lewe se baie teleurstellings te hanteer; die vermoë om die beste van ’n slegte situasie te maak.

Een van die grootste voordele van waardering is geloof, hoop en liefde. Liefde is ’n natuurlike uitvloeisel van waardering.

Geloof word versterk deur die wonder van die skepping.

Hoop bly sterk – selfs wanneer dit deur die dood in die gesig gestaar word.

Dié met waardering sal die hoogtepunte van iemand se lewe herdenk, hul nalatenskap vier en die toekoms steeds dapper aanpak.

Dit alles net deur die vermoë om te kan waardeer.

Klink goed, nè?

Ek dink so.

Soortgelyk

 

Omkeerpunt vir Meatco

17 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Meatco het die afgelope boekjaar sy totale verliese met N$33 miljoen gesny en het boonop daarin geslaag om sy gemiddelde produsenteprys met...

Honde, katte, kinders, sushi en goeie harte

17 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - Die niewinsgewende organisasie Have-a-Heart op Walvisbaai het onlangs in samewerking met Mobile Animal Clinic Namibia 'n baie suksesvolle sterilisasie- en kastrasieveldtog onderneem....

Lubowski ‘krabbel terug’

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Mnr. Sisa Namandje, pres. Hage Geingob se prokureur, sê me. Gabrielle Lubowski skrabbel terug nadat sy vroeër die staatshoof glo valslik beskuldig...

Blowing the whistle

17 ure gelede | Mense

Justicia Shipena Tamara !Gaoses is the first internationally recognised female 3x3 basketball referee in the country and this qualification allowed her to officiate...

LPM betreur Operasie Kalahariwoestyn

17 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman – Die Landless People’s Movement (LPM) het sy stem by die toenemende druk gevoeg dat die regering lede van die Namibiese weermag (NDF)...

Weer vir 25 Junie 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar baie warm in die Noorde. KUS:...

Hilton Hotel 7de keer beste in Namibië

17 ure gelede | Toerisme

Vir die sewende agtereenvolgende jaar het die Hilton Hotel in Windhoek met die World Travel-toekenning vir 2019 as die beste hotel in Namibië weggestap. “Ek...

CoW-drama kry tweede asem

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Sodra sy tugverhoor afgehandel is, kan die stadsraad besluit of strafregtelike klagte ook teen mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof, gelê...

Kalahariwoestyn-slagoffer se lyk op lorrie

17 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Talle Namibiërs is woedend omdat mnr. Fambauone Black (22) se oorskot die afgelope Saterdag agter op ’n lorrie terug Zimbabwe toe vervoer...