Die waarde van familie
Die waarde van familie

Die waarde van familie

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Soos ek ouer word, heg ek al meer waarde aan familie. Ek besef toenemend dat dit ’n kosbaarheid is, ’n voorreg en ’n warm skuilplek in ’n koue, afsydige wêreld.

Ek dink ons menslike behoefte aan familie gaan eintlik oor ons oneindige behoefte om te behoort, om aanvaar te word en ooreenkomste te hê met ander mense in hierdie wêreld – uiterlik, psigies en geskiedkundig. Familie is ’n tuiste, ’n wete dat jy ook iewers inpas en behoort by mense wat jou eie persoonlike lewensverhaal met jou deel.

Families of gesinne kom inderdaad in al sy groottes en vorme, maar speel steeds ’n reuserol in ons menswees en eindelik die vorming van ons samelewing. Dit is terselfdertyd ’n samelewing se magtigste én kwesbaarste plek.

’n Onlangse studie deur die Stanford Universiteit vir Medisyne wys dat ’n ma se stem ’n reuse-invloed op haar kinders het en verskeie sleutel- neorologiese gebiede in ’n kind se brein aktiveer. Dit sluit in gebiede wat verantwoordelik is vir emosies, sosiale funksionering en die verwerking van beloning.

Die hand wat die babawiegie wieg, mag dalk wél die wêreld regeer. ’n Ma vorm ’n kind se toekoms, sy is die een wat haar kind se lewe die sterkste beïnvloed en op wie se stem die kind se brein geen ander keuse het as om te reageer nie.

In gesinne en families word mense geskep, gevorm en gebrei vir die res van sy of haar lewe. Dit is die plek waar ’n jong kind sy of haar talente kan ontdek, die geleentheid ontvang om integriteit, waardes en sy grondslag te ontwikkel.

Dit skep, in hopelik die meeste gevalle, vir mense ’n plek van koestering. Daarsonder is jy blootgestel. Vra maar ’n weeskind wat hul grootste wens is. Die meeste volwassenes wat om die een of ander rede van hul families vervreemd is en baie eerlik is, sal vir jou vertel dat dit nie vir hulle ideaal is nie.

Solank jy familie het, het jy ’n tuiste. In die meeste gevalle beteken of behoort ’n familie ook liefde te beteken. Dit is ook ’n toevlug – die plek waar jy kan gaan rus en waar jy in moeilike omstandighede bygestaan sal word.

Nie almal se families is ideaal nie. Baie mense laat hul families om verskeie redes agter. Tog het die mens so ’n sterk behoefte aan familie, dat hulle dit “skep” wanneer hulle dit nie het nie. Al is dit dat jy jou eie gesin begin of jouself omring met vriende wat soos jy is. Jy moet behoort.

Vandaar seker ook die sêding dat vriende die familie is wat jy self uitkies.

Waardeer jou familie. Stel hulle eerste. Moet asseblief nie van ouma en oupa in die ouetehuis vergeet nie. Dit doen jou net so goed soos vir hulle om jul verhouding lewend te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!