‘Die vryheid om myself te wees’

Lloyd Zandberg
Die plaaslike uitvoerende kunstenaar Khadijah Mouton is vanaand op die gewilde Night Under The Stars-verhoog (Nuts) te sien.

Nuts is ‘n inisiatief van die Goethe-Institut en vind maandeliks by hul perseel in Fidel Castrostraat, Windhoek, plaas.

Kollig het met Khadijah oor haar loopbaan tot dusver gesels en hoe sy oor haar beplande optrede vanaand voel.

Afgesien van haar sangtalent is dié kunstenaar boonop ‘n digter, danser, aktrise en platejoggie.

“So lank as wat ek kan onthou, het ek elke geleentheid om op die verhoog te wees, ten volle aangegryp. Dis al wat ek wou doen. Ek sê altyd my passie het van my 'n kunstenaar gemaak, dit was nie my keuse nie. Dis 'n pragtige paradoks wat my op my tone hou,” sê Khadijah.

Van al die kunsvorme verkies sy musiek.

“Ek verkies dit om te sê daar bestaan nie eintlik iets soos musiekgenres nie, maar dan sou ek al die werk ’n oneer aandoen wat oor geslagte gedoen is om die verskillende genres te vestig.”

Wanneer sy musiek skryf, sê sy, is die eindresultaat direk met haar emosies en energie in daardie oomblik verbind.

“Ek is emosiegedrewe. As ek uiters gelukkig is, skep ek jazz, as ek kwaad is, hou ek van Trap. As ek moeg en vodde voel, is ek geneig om elektroniese dansmusiek (EDM) te maak. Daar is geen bloudruk wat my genre betref nie. Ek beskou dit as 'n vryhandskets,” sê sy.

Khadijah se loopbaan as musikant het op die ouderdom van ses met ’n kleuterskoolkonsert afgeskop.

Hoewel dit nie haar beste vertoning ooit was nie, het dit alles met haar passie vandag te doen.

“Ek was ‘n sonneblom. Die kleinste sonneblom wat jy al ooit gesien het.”

Sy sê sy sing en dans voor mense vandat sy kan loop.

Hoewel Khadijah gereeld optree, is sy nie tans voltyds musikant nie, maar ook student, en boonop aktrise.

“Ek is 'n teater- en TV-aktrise. Ek het onlangs die voorreg gehad om deel van Tim Huebschle se #LandOfTheBraveFilm te wees. Ek het 'n ook ‘n rol in die Untitled-reeks gehad, wat later vanjaar sal verskyn. Ek is ook 'n danser. Ek is mal oor dans.”

Sy wil graag meer tyd vir dans maak.

Khadijah put inspirasie uit verskeie kunstenaars, maar Andre 3000 is een van haar grootste invloede, sê sy.

“Op musikale vlak is hy alles wat ek graag as kunstenaar wil wees. Hy lewer sy optredes met soveel grasie en perfeksie. Ek kry hoendervleis elke keer as ek sy stem op 'n snit hoor. Sy liriese inhoud en omvang is ongelooflik.”

As jy haar vra wat is vir haar die lekkerste van haar beroep, sê sy die vryheid wat dit haar bied om haarself te kan wees.

“Of eerder die weergawe van myself wat ek word wanneer ek op die verhoog is. Ek hou van daai mens,” sê sy.

Op die verhoog het sy die geleentheid om dít wat sy “in die regte lewe” sou sê, met die wêreld te deel.

“Ná elke vertoning kan ek net huis toe gaan en my ma se dogter wees,” sê sy.

Oor haar beplande optrede by die Goethe-Institut vanaand is sy baie opgewonde en sy wil die publiek aanmoedig om dit by te woon.

“Ek is jonk, eksperimenteel en maak nie verskonings nie,” sê sy.

“Die beste manier om die show te beskryf, is dat ons die ateljee verhoog toe bring. Dit sal energiek wees. Ek wil mense op hul voete hê. Ek het 'n regstreekse platejoggie op die verhoog.”

Haar plattejoggie, Beat Slangers, is een van haar beste vriende.

“Die verhoog is ’n kwesbare ruimte en ek kies om dit met Beat Slangers te deel.”

Vanaand se show begin om 19:00 by die Goethe-Institut. Kaartjies kos N$20 en kan by die deur gekoop word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%