Die toekoms van ons kinders

14 January 2019 | Rubrieke
Sanet Pearson - Ek het die vakansie by my ma in Johannesburg gaan kuier.

’n Mens kan baie dinge oor Johannesburg sê. Meestal sal dit nie goed wees nie, maar wat hulle baie goed doen, is herwinning.

Ek kry partykeer die gevoel Namibiërs dink herwinning is op alle lande behalwe Namibië van toepassing. Dalk omdat ons bevolking so klein is?

Die kompleks waar my ma bly, is baie gesteld op herwinning. Daar is vier asblikke vir glas, plastiek, blikkies en papier. Almal in die kompleks maak seker dat hulle herwin anders kan hulle in groot moeilikheid by die beheerliggaam beland.

Ek was een van daardie mense wat gedink het om te herwin, is te veel moeite. Maar in die vakansie het ek vir die eerste keer agtergekom hoeveel items wat jy in ’n winkel koop, is in ’n plastiekhouer of in plastiek toegedraai. Ek was verstom.

Ons eet twee items, dan is daar vir elke item iets plasties wat weggegooi moet word.

Ek het ‘n bietjie gaan oplees. My getroue vriend Google sê dat plastiek wat in die see beland, na windstiltestreke in die oseane gevoer word. In daardie streke bly dit letterlik net ronddryf en het nêrens om heen te gaan nie.

Die bekendste area is die Great Pacific Garbage Patch in die Stille Oseaan. Wikipedia sê dit is omtrent so groot soos Suid-Afrika en bestaan uit 3,5 miljoen ton plastiek. Die area is nie solied nie en bestaan uit visnette, inkopiesakke, tandeborsels en nog vele meer gemors.

Dit is skokkend om te dink dat hierdie ‘eiland’ nêrens heen het om te gaan nie, en die kanse dat die plastiek gaan disintegreer en net verdwyn (en die probleem oplos), is net so skraal.

Sonlig breek die plastiek in kleiner stukkies op totdat dit uiteindelik plastiekmolekules word.

Seevoëls en seesoogdiere eet die plastiekstukkies, met tragiese gevolge.

Om nog sulke vulliseilande te voorkom, is óns verantwoordelikheid., As ons nie nou begin nie, gaan ons kinders rêrig lewe soos hulle in die flieks wys. So tussen die vullis deur.

Dit is dalk vermaaklik om jou in die fliek in te lewe, maar ek dink nie jy gaan dit nog so snaaks vind as jy in regte gemors moet bly nie. Dink ook net aan al die siektes wat daar uitbroei.

Asseblief, dink twee keer voor jy net iets in die vullisdrom gooi. Dink aan die natuur en watse verskil daardie items aan die natuur kan maak as dit herwin word. Dit is ook ons verantwoordelikheid om ons kinders van herwinning te leer.

Dit is ‘n cliché, maar ons het net die een aarde. Pas dit asseblief baie mooi op. Vir ons kinders en hulle nageslagte se onthalwe.

Soortgelyk

 

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

1 dag gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

1 dag gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

1 dag gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

2 dae gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...

Minister gee Nida nuwe raad

2 dae gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig. So...