Die toekoms lyk donker

Terwyl die wêreld die derde jaar van die Covid-19-pandemie binnegaan, maan die Wêreld- Ekonomiese Forum oor ‘n veel groter bedreiding vir die mensdom: die mislukking om die klimaatkrisis die hoof te bied.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die klimaatkrisis, of uiterste weersomstandighede, is die grootste langtermyn bedreiging wat die mensdom in die gesig staar. Dit blyk uit die 2022 Globale Risikoverslag wat pas deur die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) uitgereik is.

Terwyl die wêreld die derde jaar van die Covid-19 pandemie begin, het respondente (wat almal hoogs kundige mense is) in ’n WEF-opname oor globale risikopersepsies die mislukking in klimaatoptrede as die nommer een risiko uitgewys en sê dit het die potensiaal om oor die volgende dekade die grootste, uiterste impak te hê.
Uiterste weersomstandighede vanweë klimaatverandering word as die tweede mees ernstige korttermynrisiko geïdentifiseer, gevolg deur die verlies aan biodiversiteit. Vanjaar is die 17de keer dat die verslag uitgereik is.
COVID-19 PANDEMIE
Volgens die uitvoerende opsomming van die WEF-verslag bied die Covid- 19-pandemie en die voortspruitende ekonomiese en maatskaplike gevolge steeds ’n kritieke bedreiging vir die wêreld. Immuniseringsyfers in lande verskil geweldig en die gevolglike ongelyke ekonomiese herstel verdiep maatskaplike foutlyne en geopolitieke spanning.
In die armste 52 lande, wat die tuiste van 20 persent van die wêreldbevolking is, is net ses persent van die bevolking geïmmuniseer. Teen 2024 sal ontwikkelende ekonomieë, met uitsondering van China, met 5,5 persent daal teenoor wat die bruto binnelande produk (BBP) voor die pandemie was.
Gevorderde ekonomië sal meer as 0,9 persent groei, wat die inkomstegaping in die wêreld verder vergroot.
WYER IMPAK
Die gevolglike uiteenlopendheid sal spanning binnelands en oor grense vererger, wat weer tot die verergering van die pandemie se impak sal lei en die koördinering bemoeilik om gemeenskaplike uitdagings soos versterkte klimaatoptrede, beter digitale veiligheid, die herstel van bestaansmiddele en maatskaplike samehorigheid asook die bestuur van die ruimtewedloop, die hoof te bied.
Van die sleutelbevindinge wat blyk uit die reaksie van respondente oor vermeende maatskaplike risiko’s sedert die aanvang van die Covid-pandemie, is die bestaanskrisis en die agteruitgang van geestesgesondheid die hoogste. Slegs 16% van die respondente voel positief en optimisties in hul wêreldbeskouing en net elf persent glo die wêreldekonomie sal gedy.
Die meeste respondente verwag eerder dat die volgende drie jaar deur volgehoue onstabiliteit, veelvuldige verrassings of koersafwykings gekenmerk sal word, wat die sogenaamde “wenners” van die “verloorders” sal onderskei.
MAATSKAPLIKE RISIKO’S
Vir die volgende vyf jaar verwag die respondente dat maatskaplike en omgewingsrisiko’s aan die orde van die dag sal wees.
Die gesondheid van die planeet oor die volgende tien jaar oorheers egter respondente se kommer.
Omgewingsrisiko’s word as een van die vyf mees kritieke langtermynbedreigings beskou met die meeste potensiaal om skade aan die mensdom en die planeet aan te rig.
Die WEF moedig regerings aan om buite die kwartaallikse verslagsiklus te dink en beleidsrigtings te vestig wat die agenda vir komende jare sal bepaal.
Die WEF moedig ook wêreldleiers aan om te verenig en ’n gekoördineerde en inklusiewe reaksieplan te aanvaar wat die oorgang na ekonomieë vry van koolstofvrystellings te verseker.
“Die mislukking in klimaatoptrede kan die globale BBP met ’n sesde laat krimp. Dis nie te laat vir regerings en nywerhede om risiko’s te oorkom en ’n skeppende, vasberade en inklusiewe oorgang te dryf wat ekonomieë en nasies beskerm nie,” sê Peter Giger, hoof van groepsrisiko by die Zürich Versekeringsgroep.
COP26
Die WEF-verslag volg ná sekere positiewe verwikkelings by die Verenigde Nasies se Klimaatberaad, COP26, wat in November verlede jaar in Glasgow, Skotland, aangebied is.
Regerings het verskeie teikens vir die vermindering van vrystellings aanvaar. Dit het verdere dringendheid verleen aan die beklemtoning van korttermyn teikens, soos die halvering van vrystellings teen 2020 en die verdere vermindering daarvan tot nul teen 2050.
Hierbenewens het die regerings wat in Glasgow vergader het, ingestem om steenkool, die mees besoedelende fossielbrandstof, uit te faseer.
Ná ses jaar se besprekings is die sogenaamde Parys-reëlboek, wat riglyne vir die implementering van die Parys-ooreenkoms uiteensit, uiteindelik ook in Glasgow aanvaar. Dit sluit ’n raamwerk in vir lande om koolstofkrediete uit te ruil.
Ondanks ’n mate van optimisme oor nuwe verbintenisse wat in die aanloop tot en tydens COP26 gemaak is, skiet planne ver te kort om die doelwitte om die globale temperatuurverhoging tot 1,5 grade Celsius bo pre-industriële vlakke te beperk, te bereik. Die strewe is nou vir 2,4 grade Celsius verwarming, met die uiterste optimistiese scenario wat op 1,8 grade dui.
Volgens die WEF rus die onus nou op regerings om meer ambisieuse planne voor te lê en onmiddellik tasbare en doeltreffende stappe te doen om klimaatteikens te verwesenlik.
Die instelling van ekonomiese dryfvere, soos meganismes om ’n doeltreffende prys vir koolstof te stel, sal ’n belangrike stap vorentoe vir nywerhede wees, sê die WEF.
SKULDKRISIS
Respondente het ook aangedui hulle beskou die skuldkrisis en geo-ekonomiese konfrontasies as van die grootste risiko’s vir die volgende tien jaar.
Tegnologiese uitdagings soos digitale ongelykheid en kuberveiligheid, word as kritieke kort- en mediumtermyn risiko’s uitgewys, maar word laer in die langtermyn ranglys gereken.
Die hedendaagse reaksie op kunsmatige intelligensie, ruimte-ontdekkings, oorgrens-kuberaanvalle en waninligting asook migrasie en vlugtelinge, is volgens die respondente ontoereikend om die uitdagings die hoof te bied.
LIGPUNT
Die fasilitering van internasionale handel, die hantering van internasionale misdaad en wapens van massavernietiging, is volgens respondente in die WEF-opname van die enigste gebiede waar risikobestuur doeltreffend is.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%