Die Tier, Big Easy lei aanslag op mekaar
Die Tier, Big Easy lei aanslag op mekaar

Die Tier, Big Easy lei aanslag op mekaar

Gholf
Tiger Woods en Ernie Els is amptelik as kapteins van onderskeidelik die VSA en die Internasionale span vir die Presidentebeker in 2019 in Melbourne aangewys.

Els en Woods was prominent in die toernooi se enigste gelykop uitslag toe hulle mekaar in 2003 in Suid-Afrika in 'n uitspeelstryd gepak het. Sake het onbeslis geëindig toe die spel weens swak lig ná drie ekstra putjies gestaak is.

Supersport.com berig Els het in agt toernooie tussen 1996 en 2013 verskyn, terwyl Woods ook agt keer sedert sy debuut in 1998 by die Presidentebeker in aksie was.

Die Amerikaner het op nie minder nie as drie geleenthede die sethou behaal om die sege vir sy span te beklink.

“Ernie Els en Tiger Woods is deel van die karakter van die Presidentebeker as mededingers en ambassadeurs van die toernooi,” sê Jay Monahan, kommissaris van die PGA-reeks.

“Ernie dra die vlag vir internasionale gholf as 'n legendariese figuur op en van die baan, terwyl Tiger een van die voortreflikste atlete is wat die sport tot nog toe gesien het.”

Die toernooi, geskoei op die formaat van die Ryderbeker, vind volgende jaar van 9 tot 15 Desember by die Royal Melbourne-gholfbaan plaas.

Die VSA oorheers die tweejaarlikse toernooi met 'n wenrekord van 10-1-1 (tien gewen, een verloor, een gelykop). Amerika se voorste spelers pak die res van die wêreld se bestes buite Europa in dié toernooi.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!