Die sterre swenk noord

Lloyd Zandberg
Tsumeb sal op Vrydag 3 Mei die heel eerste Night Under The Stars (Nuts) aanbied. Die bekende TopCheri en DJ Kboz sal hier optree.

“Brenda Fassie! Sy is ’n vibe en het die energie wat ek eendag wil hê!”

Só sê Monica Pinias, beter bekend as TopCheri. TopCheri is oorspronklik van Walvisbaai en sê dié kusdorp het ‘n groot invloed op haar musiek en loopbaan gehad.

“Ons het baie Afrikaans gepraat, en baie van my liedjies het Afrikaanse woorde of frases in wat as slang beskou word, maar dít is waarmee mense identifiseer,” sê sy.

Tydens die eerste Nuts buite Windhoek se grense gaan die immer gewilde en talentvolle Imms die kitaar tokkel. DJ Mdu sal ook optree.

Dié kunstenaar het veral vir sy waaghalsige manier van dromme speel beroemd geraak.

DJ Mdu laat sy dromstokkies vlamvat, wat ‘n skouspelagtige show verseker.

TopCheri het onlangs haar debuutalbum, Fertile, bekend gestel en beskryf die musiek as Afro-pop met Namibiese invloede.

“Ek rap nie regtig nie. Ek sing oor wat ook al my bui is en oor hoe ek voel. My musiek moet ‘n dieper vlak van gevoel hê. Ek sê altyd vir my vervaardiger gehoorgestremde mense moet die musiek ook kan voel.”

Die show begin om 19:00 by Imbizo Lounge in Dr. Hage Geingobstraat en toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!