Die spoke in ons onderwys

12 September 2018 | Menings
Dit is goed dat sowat 130 departementshoofde van laer- en hoërskole Maandag en Dinsdag in Windhoek vergader het om hul bestuursvaardighede te slyp.

As 'n mens egter lees waaroor kursusgangers met die wegspring voor stok gekry is, wek dit hernude kommer oor onderwys se getuigskrif. En sorge oor onderwys en opvoeding is nie gering nie.

'n Hoofonderwysbeampte het die beraad volgens die Namibiese Persagentskap (Nampa) streng oor die behoorlike monitering en bestuur van deurlopende evaluering (punte vir byvoorbeeld klastoetse en take) aangespreek – om spookpunte uit te roei. Daar is nie gesê hoe wyd verspreid die opmaak of vervalsing van punte voorkom nie, maar as dit aangeroer word, moet dit 'n probleem wees.

'n Landswye ondersoek is voorheen gelas om spook­onderwysers aan die kaak te stel, maar verskeie ander “spoke” is kennelik nog op loop.

Gebrekkige spanwerk en personeeltwiste het ook onder die loep gekom.

Ander onderwerpe was verantwoording, vakinhoud en -kennis, leerplanne, projekbestuur en instandhouding. Hopelik het die bestes hul raad met ander gedeel – ook hoe om die verval van geriewe te stuit. Met die min geld wat skole ontvang, bly dit waarskynlik soos ander kwessies 'n gebedsaak.

Almal vir wie gepreek is, is nie noodwendig skuldig nie, maar probleme soos die maak 'n mens besorgd oor mensekapitaal in die onderwysstelsel. En hier word gepraat van onderwysers wat weens ondervinding en kundigheid reeds tot bestuursposte bevorder is.

Hopelik sal die beraad regruk waar dit nodig is.



So sê ander

11 September 2018



Onmacht van gevestigde politiek is zorgwekkend



De gematigde krachten in Europa is een nieuwe schok bespaard gebleven. De Zweden Democraten zijn niet de grootste partij van Zweden geworden, zoals sommige peilingen voorspeld hadden.

Niettemin laat de forse winst voor de Zweden Democraten andermaal zien hoe de migratiecrisis van 2015 Europa heeft gedestabiliseerd.

Zweden kende weliswaar een sterke “welkomstideologie”, maar in de praktijk schoot de integratie van minderheden tekort, waardoor de buitenwijken van de grote steden worden geplaagd door werkloosheid en criminaliteit. De Zweedse verkiesingsuitslag toont een gefragmenteerd politiek landschap waarin migratie als splijtzwam fungeert. Zweden is een normaal Europees land geworden, zoals de rechtse ex-premier Carl Bildt zondagavond twitterde.

• DE VOLKSKRANT

Soortgelyk

 

Otavi sit voet neer

7 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh Die uitvoerende hoof se 'dubbele salarisse', 'n brandweerman wat erwe uitdeel, 'n diefstalsindikaat en vullis wat ophoop, is maar van die redes vir...

Honderde buffels versuip in Chobe

7 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Tussen 400 en 500 Kaapse buffels het Dinsdagnag in die Choberivier naby Serondela Lodge in die Zambezistreek versuip. Volgens die bestuurder van...

N$245 m. vir nuwe lughawebaadjie

7 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Aanstaande jaar dié tyd sal die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ’n nuwe N$245 miljoen-baadjie dra om as vlagskip van die land se...

Gru-ongeluk buite Otjiwarongo

7 ure gelede | Ongelukke

Ses mense het gister doodgebrand ná ‘n bakkie en ‘n minibus in ‘n botsing net buite Otjiwarongo op pad na Otvai betrokke was, volgens inligting...

Lindie môrebegrawe

7 ure gelede | Mense

Die geliefde kunstenaar en kampvegter vir diereregte, me. Lindie Prinsloo (39), wat verlede Vrydag wreed op Swakopmund vermoor is, se begrafnis vind môre om 10:00...

Weer, Donderdag 8 November 2018

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die Zambezistreek. Elders sal dit sonnig en baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel aan die noordelike kusgedeeltes....

Polisie wil diens verbeter

7 ure gelede | Polisie

Tanja Bause – ’n Strategiese plan vir 2017 tot 2022, asook die kliëntedienshandves vir die Namibiese polisie is deur die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, van...

Onderwys spring om water en ligte aan te hou

7 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghTeen Vrydag behoort die Windhoekse munisipaliteit 'n betaling te ontvang op 'n aansienlike bedrag wat die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in die...

Namibië van EU se ‘swartlys’ af

7 ure gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer - Die Europese Unie (EU) se raad vir ekonomiese en finansiële aangeleenthede het Namibië Dinsdag van dié unie se lys verwyder van lande...