Die speke roer vir renosters
Tanja Bause - “Renosters is eintlik net mollige, grys eenhorings wat ons beskerming nodig het,” sê mnr. Matt Meyer, ’n Suid-Afrikaanse safarigids.
Meyer is ’n professionele gids met eerstehandse ervaring oor die agteruitgang van die renosterbevolking en kry deur middel van sy werk toegang tot nasionale parke.
“Ek weet as ons niks doen nie, sal renosters binne die volgende dekade net in dieretuine te siene wees. Ek is wel net een mens, maar ek voel tog ek kan ’n begin maak om die verwoesting te stop,” sê Meyer.
Meyer en mnr. Chris Liebenberg, van Piper & Heath Travel, het een aand om ’n kampvuur oor die lot van renosters in Afrika gesels.
Dit was Meyer se idee om per fiets langs die weskus van Amerika te ry.
Amerika word as 'n groot verbruiker van onwettige wildprodukte beskou.
In April het Meyer met sy fiets by die Kanadese grens weggetrek om sowat 3 200 km al langs die weskus van Amerika tot by die grens met Mexiko af te lê.
Saam met hom is 'n lewensgrootte veselglasrenoster genaamd Lunar, wat 140 kg weeg en wat help om bewustheid te skep en om geld vir drie renosterbewaringsorganisasies in te samel.
Die drie organisasies is die Save the Rhino Trust Namibia, Ol Pejeta en Care for Wild in Suid-Afrika.
“Nelson Mandela het die wêreld verander met sy Long walk to freedom - dit is hoekom ek my reis The long ride to free them noem,” het Meyer gesê.
Meyer het besluit om ’n lewensgrootte replika van 'n renoster saam met hom te sleep, sodat mense wat hy op sy reis ontmoet, kan sien hoe lyk 'n renoster en hoe groot een is.
“Daar is so baie wanopvattings oor renosters en om ’n simbool saam te vat wat die renoster en sy grootte ten toon stel, was vir my belangrik. Lunar is, net soos die lewendige renoster, ’n imposante wese wat ’n mens laat wonder hoe so ’n indrukwekkende dier so uitgelewer aan die optrede van mense kan wees,” het Meyer gesê.
Piper & Heath Travel en Wilderness Safaris is by die projek betrokke as borge.
Mense kan nog tot 31 Oktober by die The long ride to free them-projek betrokke raak deur skenkings te maak.
Hulle kan ook ’n kaartjie koop en dalk ’n vakansie vir twee mense by 'n lodge in Suid-Afrika, ter waarde van N$200 000, wen. Vir meer besonderhede, besoek die webtuiste RhinoRide.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie