Die San takel klimaatsverandering

Nyae-Nyae-bewaringsgebied plant bome

26 July 2019 | Omgewing
Die San in die Nyae-Nyae-bewaringsgebied takel klimaatsverandering deur bome te plant.

Die San meen bome is meer droogte­bestand as ander plante en as hulle gevestig is, is dit maklik om bome te onderhou.

“Boonop is daar al hoe meer bewyse dat klimaatsverandering beveg kan word as bome geplant word.

“Onlangs is die idee om 'n miljard bome wêreldwyd te plant om klimaats­verandering te beveg, in 'n studie voorgestel wat in die wetenskap­like joernaal, Science, op 4 Julie gepubliseer is,” lui 'n media­verklaring van die ­Nyae-Nyae.

Selfs in droë en dorre streke soos Namibië kan bome oorleef, skaduwee voorsien en voedselsekuriteit ver­seker.

Baie nedersettings in die Nyae-Nyae-­bewaringsgebied het nou bome wat skaduwee verskaf, asook deklaag­materiaal en vrugte, waarvan sommige medisinale eienskappe het.

Die tuin- en boomplantprojek het aanvanklik op ­voedselsekuriteit gefokus en die doelwit was om voeding veral onder kinders te verhoog.

Die kinders is ook aktief met die tuine en die plant van bome ­betrokke.

Dit leer hulle waardevolle lesse oor landbou en bewaring en hulle sien die vrugte van hul arbeid en dat bewaring voordeel daaruit trek.

Hulle het papaja- en koejawelbome geplant wat gehard is en die woestynklimaat kan weerstaan.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het die bome voorsien en ander plaaslike verskaffers het ­ver­skeie sitrus-, vla-appel- en ­moringabome gegee, asook druiwestokke.

Om aktiewe pesbeheer en ­insekwerende plante saam te plant beteken geen plaagdoders is nodig wat duur is en skade aan die natuur aanrig nie.

“Dit skep 'n voordelige bewarings­omgewing binne die bewarings­gebied wat inderdaad 'n wen-wen ­situasie is,” lui die verklaring.

Die San het nog altyd van die land af geleef en hulle is die eerste wat die impak van klimaats­verandering voel.

“Die plant van bome, plaaslik en wêreldwyd, sal bydra om kweekhuisgasse in die atmosfeer te verminder. As een miljard bome geplant word, sê wetenskaplikes, sal kweekhuisgasse in die atmosfeer met byna 25% verminder word.

“Om bome te plant, sal toekomstige geslagte bewaar en ­klimaatsverandering beveg word,” lui die verklaring.

Alhoewel dit dekades sal duur vir nuwe woude om volwassenheid te bereik en kweekhuisgasse wêreldwyd te verminder, moet bome nou geplant word.

“Die San sal aansienlik baat by die vele projekte,” lui die verklaring.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

12 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

12 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

12 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

12 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

12 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...