Die poeiers

Lloyd Zandberg
Van kleins af het sy al 'n passie vir kuns.

En vandag maak sy 'n bestaan daaruit.

“Dit was vir my die belangrikste vak op hoërskool,” sê die 22-jarige Windhoeker Marilie Vermeulen. Marilie het vandag haar eie grimeeronderneming, Viver Fragrancia, en kleur Namibiërs se gesigte gereeld in.

Ná skool het sy verskeie fotografiekursusse op Stellenbosch voltooi, maar het die grimeerkwas gereeld opgetel.

In 2016 het Marilie Windhoek vir Kaapstad verruil waar sy vir 'n kursus in die ontwikkeling en bestuur van handelsmerke ingeskryf het.

Weens 'n tekort aan studente is dié kursus egter kort­geknip.

Sy moes vinnig 'n ander plan maak.

'n Jaar later besluit sy om 'n internasionaal erkende grimeerkursus op vlak 2 deur Make-Up Designory Cosmetics te voltooi en vandag is sy die enigste verspreider van MUD (Make-Up Designory Cosmetics)-produkte in Namibië.



Hoe het jy in grimering begin belangstel?

Ek was nog altyd lief vir alles wat kunstig is en grimering was 'n maklike en vinnige manier om my kuns­sinnigheid uit te leef. Ek het nooit gedink ek sal 'n loopbaan daarvan maak nie. Terwyl ek klas gebunk het, het ek op 'n MUD-studio in Kaapstad afgekom en net daar het my lewe ­verander.



Wou jy nog altyd 'n ­grimeerkunstenaar wees?

Die grimeerkunstenaars waarmee ek te doen gehad het, het altyd hul eie voorkoms hoër geag as die kliënt s'n en ek kon dit nooit verdra nie, seker omdat ek geïntimideer gevoel het deur hulle.

Ek dink dit is hoekom ek so lief is vir MUD, want hulle glo daarin om ander touwys te maak deur byvoorbeeld ­praktiese demonstrasies of werkwinkels.

Ek bied werkwinkels in my studio aan waar ek vrouens leer hoe om hulself te grimeer.

Die werkwinkels is private sessies vir individue. Ons doen alles saam, stap-vir-stap, ek werk op die een helfte van die persoon se gesig en hulle op die ander helfte. Dan leer ek hulle hoe om die gereedskap en produkte reg te benut. Die werkwinkels word geskeduleer soos kliënte dit nodig het. Al wat hulle moet doen, is om 'n afspraak te maak - of dit nou soggens of ná vyf in die week is, 'n werkwinkel is altyd lekker. Die kliënte maak gebruik van my produkte en gereedskap, so hulle hoef niks saam te bring nie. Ná die werkwinkel is al die ­produkte te koop beskikbaar.



Wat is daai een ding wat mense nie van

jou sal verwag nie?

Mense skrik altyd as hulle hoor wat my ouderdom is.



Wat haat jy?

Ek haat dit as mense nie etiese besigheidsbeginsels toepas nie. Dit is ook vir my vreeslik sleg as mense op grimeerkunstenaars neersien of as vrouens in die bedryf glad nie die nuwelinge 'n plekkie in die son gun nie. Ek glo mens moet mekaar help en ondersteun.

Het jy enige stokperdjies?

As ek tyd het vir stokperdjies kyk ek graag reekse saam met my kêrel, speel met die honde en spandeer tyd met my familie. Dit is vir my baie lekker om saam met vriende na ander kreatiewe mense se motiverende praatjies te luister.

Ek sit met 'n groot inkopieterapie-probleem, maar dit is net 'n probleem indien mens wil ophou. Ek glo vas ek maak 'n positiewe bydrae tot die land se swak ekonomie.



Afgesien van grimering, watter ander ­kunsvorme beoefen jy?

Ek het seker agt jaar lank beeldende kuns beoefen en toe vir twee jaar fotografie gedoen, maar ek sien uit na baie ander kunsgeleenthede in my lewe.



Hoekom is grimering so wonderlik?

Grimering gee mens die moontlikheid om te wees net wat jy wil wees - dit kan elke dag anders wees. Dit is belangrik om te onthou grimering moenie jou identiteit word nie.

Jy is asemrowend, maar grimering kan 'n hulpmiddel wees om jou vertroue te bou en jouself kreatief uit te druk.



Wat is die grootste grimeerfout wat mense maak?

Mense kyk beslis te veel YouTube-video's en oefen te min. Baie mense koop nagemaakte grimering wat jou vel groot skade kan aanrig. Onlangs is 'n studie gedoen wat bewys het daar kom perde-uriene voor in van die ­nagemaakte produkte. Ek dink ook nie Namibiërs is bewus daarvan dat baie van die grimering wat in ons land beskikbaar is, op diere getoets word nie. Soveel handelsmerke is onlangs hieroor uitgevang. Hulle erken dit nie self nie, maar hulle behoort aan groter maatskappye wat dit toelaat.



Vertel ons van MUD

Een van die belangrikste aspekte van MUD is dat hulle nie op diere toets nie. MUD word in 'n private fabriek in Los Angeles gemaak, so dit is ook 'n etiese maatskappy.

Daar is nie sonskerm in die produk nie, so dit kan nie 'n backflash gee soos ander produkte wanneer dit by harde beligting kom nie - dit is juis vir die filmbedryf gemaak.

MUD se produkte staan uit omdat dit goed vir jou vel is, dit baie goeie gehalte is, en omdat die pigment van die ­produkte sterk is, hou dit baie lank en gebruik mens minder op 'n slag.



Daar's deesdae groen, pienk en geel ­

verbloemers op die mark – werk dit regtig?

Ek glo hierdie concealer-storie is soms meer bevarking as bemarking. Ek gebruik 'n red corrector wat 'n groen pigment bevat. Ons het in die kunsklas geleer dat rooi en groen teenoorgestelde kleure is en die een kanselleer die ander een uit. Op al jou rooi merkies sit jy dus jou red concealer. Die ander is 'n blue corrector wat mens op jou blou areas gebruik soos pigmentasie, geboortevlekke, blou kringe onder die oë, ensovoorts. Dit bevat 'n oranje pigment om al die blou merkies uit te kanselleer, maar mens moet steeds jou onderlaag bo-oor jou correctors aanwend.



Kan mens as grimeerkunstenaar

regtig 'n loopbaan in Namibië hê?

Daar is baie werk vir grimeerkunstenaars in Namibië, maar ek glo die bedryf sal groter raak soos die film- en mode­bedryf in Namibië groei. Ek dink as 'n grimeerkunstenaar haarself goed bemark, kan sy sonder twyfel 'n loopbaan daarvan maak.



Wat is jou wildste grimeerdroom?

Ek is gaande oor special effects-grimering en kan nie wag om hierdie jaar my kursus daarin by MUD in ­Kaapstad te doen nie. My grootste droom sal wees om deel te neem aan die IMATS-kompetisie oorsee - dit is waar al die merkwaardige en verruklike grimeerdinge plaasvind.



Hoe sou jy iemand vir 'n

wetenskapfiksie-fliek grimeer?

Ek dink nie ek kan dit beskryf nie, maar beslis iets skrikwekkend. Ek sal daaraan begin werk. Lesers kan ons op Facebook en Instagram dophou, dit sal binne 'n maand of twee op wees.



Watse grimering kan tieners skool

toe dra om hul velle beter te laat lyk?

Al is tieners hóé lief vir contouring stel ek 'n dual finish mineral pressed powder vir skool voor. Mens kan dit nat of droog aanwend, of mens kan jou room-onderlaag liggies aansit. Dit is belangrik om seker te wees jou onderlaag is die regte skakering vir jou vel, anders vang die onnies jou uit! Die regte plek om onderlaag te toets, is tussen jou oor en mond op jou kakebeen, nie op jou hand of pols nie.



Hoe lank het dit jou gevat om vir iemand anders oogomlyner aan te sit sonder om hul oog uit te steek? Of sonder dat hul oë die heeltyd traan?

Dit het my 'n week gevat - ek dink ek het meer gebewe en gestres as die student op wie ek moes oefen.



Hoe naby is ons aan Fifth Element-­grimering, wat deur 'n masjientjie gedoen word? Die meeste van ons het regtig nie tyd vir

grimering soggens nie . . .

Ek dink 'n masjien wat grimering doen is effens ­gevaarlik, maar nie onmoontlik nie, ek weet dit sal my baie tyd spaar. Daar kom daagliks nuwe maniere en ­produkte uit om ­grimering vinniger te doen, soos permanente ­grimering.



Enige nuwe projekte waaraan jy tans werk?

Ek is tans besig om aan 'n baie groot projek te werk, maar dit is nog alles 'n groot geheim. Hopelik sal dit teen ­September vanjaar bekend gestel word. Vir nou gaan besoek ek verskillende dorpe in Namibiê en stel hulle aan MUD-produkte bekend.



Wat is volgende vir Marilie?

Die belangrikste vir my is om in ander se lewens te belê. Dit is hoekom verspreiding vir my so lekker is. Ek het die geleentheid om vir ander mense soveel ­geleenthede te skep met MUD. Ek geniet dit om saam met verskeie skoonheidsalonne en terapeute in Namibië te werk sodat hulle hulself kan verryk.



Hoe en waar kan mense jou kontak?

My Facebook-blad is Viver Fragrancia Make-Up ­Consultants en op Instagram is ek beskikbaar by @viverfragranciamu.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.48/OZ DOWN -0.0023 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 800.30/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +1.05% | Platinum US$ 911.18/OZ DOWN -0.0106 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.48/OZ DOWN -0.0023 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 800.30/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +1.05% | Platinum US$ 911.18/OZ DOWN -0.0106