Die oorgang kan as model dien
Die oorgang kan as model dien

Die oorgang kan as model dien

Dani Booysen
Geskiedenis is verlede week gemaak toe die diamantreus Namdeb infrastruktuur ter waarde van honderde miljoene dollar en gepaardgaande dienste formeel aan Oranjemund se plaaslike owerheid oorhandig het.

Partye het baie lank oor hierdie oordrag onderhandel en die uiteindelike deurbraak was belangrike en goeie nuus.

Die tafel is nou vir groei, uitbreiding en nuwe moontlikhede vir sake en belegging gedek, soos deur die maatskappy en regeringsgesag benadruk.

In 'n land waar dit broekskeur met talle plaaslike owerhede gaan, bevind die dorp homself in 'n posisie om as voorbeeld vir die beste vernuwingspraktyke te dien wat inwoners en ander belanghebbendes se behoeftes die beste sal dien. Bevryding uit 'n dekade lange “kokon van beskerming” moet positief verwelkom word eerder as met pessimisme oor die toekoms.

Natuurlik wag daar steeds talle uitdagings. Enigeen wat Oranjemund al besoek het, weet egter die dorp beskik oor uitsonderlike noue gemeenskapsbande en 'n onderlinge respek en trots wat dit met al die kanse op sukses toerus.

Weens realiteite moet die myn op sy kommersiële taak fokus en nuwe bedrywe die grondslag vir 'n volhoubare dorpsekonomie skep.

Prosesse van oorgang en samewerking soos veranderinge in die bestuur en finansiering van die dorp se private skool asook die lewering van gesondheids- en ander dienste kan as modelle dien wat elders oorgeplant en nagevolg kan word.

Namibië se oë is op Oranjemund.



SSoos dit 'n politikus betaam, wys pres. Cyril Ramaphosa nie die druk waaronder hy verkeer nie, maar die Shakespeare-aanhaling “Uneasy lies the head that wears the crown” (uit King Henry?IV) geld ook vir hom.

Diegene wat kitsloplossings vir landskwessies verwag, moet nie onder 'n illusie verkeer oor teenstand uit sy eie party met die stryd om die hart en siel van die ANC wat nog onbesleg is nie.

Ná 100 dae aan die bewind, is sy wittebrood verby en verhewig die aanslag.

Die ANC-prestasie in die 2019-verkiesing?gaan beslissend wees vir die konsolidasie van sy magsbasis.

Ramaphosa het Suid-Afrika van die afgrond van algehele staatskaping weggelei. En probeer 'n dyk daarteen bou.

As 'n leier onder beleg verdien hy begrip van almal wat hulle by die stryd om 'n onkreukbare staat skaar.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!