Die miljoene fases van angs
Die miljoene fases van angs

Die miljoene fases van angs

Evany van Wyk
Ek berou altyd die besluite wat ek geneem het in die vyf minute wat ek in 'n ekstrovert-bui was.

Ek is seker baie introverte kan hiermee vereenselwig, want sover dit angs betref, is introverte dié wat daaronder moet deurloop.

Ek is 'n mens van baie min woorde, maar wanneer ek wel iets het om te sê, verwag ek dat ek ten minste gehoor word.

Vandag wil ek sê sosiale angs is 'n werklikheid en 'n bietjie ondersteuning sal great wees.

Mense verstaan eenvoudig nie dat om alleen in vrede by jou huis te sit, te eet en nie in ander se besigheid te krap nie van onskatbare waarde is nie.

Hoekom uitgaan in 'n wêreld waar jy versmoor word deur 'n samelewing wat jou dwing om met mense in kontak te wees?

Ja, ek besef ek klink dalk soos 'n psigopaat of iemand met een of ander steurnis, maar dit is wat angs aan 'n mens doen. Die ergste is jy is nie so gebore nie. Jy het dalk net onlangs so begin voel en mense verstaan dit nie altyd nie.

My suster vertel my onlangs sy is heeltemal mensverskrik. Sy wil nie uit die huis gaan nie en wil veral nie tussen 'n spul mense wees nie. Ek was geskok om dit te hoor, want sover ek kan onthou was ek nog altyd die enigste een in ons gesin wat met die tipe ding gesukkel het.

Dit word net so oorweldigend en angs- of senuweeaanvalle word deel van jou lewe. Ja, deesdae praat al wat 'n celeb is van anxiety. Die Kardashian-Jenners se gunstelingwoorde deesdae is “I've got so much anxiety”.

Al wat ek vir hulle kan sê, is: Ek voel dieselfde pyn. Die hartseer saak is niemand neem hulle ernstig op nie en dit is seker 'n honderd keer erger vir hulle omdat hulle in die kollig is.

Dit kan 'n mens so ver dryf dat jy selfmoord begin oorweeg, of sommer net in 'n patetiese hopie sit en skrou. My siening is mense moet ander net die ruimte gee om te vent. As jy 'n oor het, luister, al is dit hoe vervelig of irriterend, want dit help baie. Moenie mense probeer dwing om uit hul “dop” te kom nie.

Dis dalk net 'n kokon en hulle is besig om te groei.

Wees 'n pel en gee jou ondersteuning.

Hier is 'n lys goed wat introverte love: Planne wat gekanselleer word, dagdroom en die gemak van hul eie huis.

Kyk bietjie of jy jou maatjie 'n bietjie kan treat deur te lyk of jy verstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!