Die man met die sagte, ferm hande
Nooit het ek gedink dat ek só daarna sou uitsien om ‘n man een keer ‘n maand te sien nie. Ek tel die slapies af om weer sy hande op my lyf te voel.
Ek skryf dit in my dagboek om nie ons afspraak te mis nie. Ek ry 10 minute vroeër om nie laat te wees nie. Hy gee my ‘n huppel in my stap en laat my altyd met ‘n glimlag wegstap.
Ek trek ook die meeste van my klere vir dié man uit. Hy dring egter daarop aan dat ek altyd my hare in ‘n bokstert vasbind. Ek kan selfs kies met watter kleur haarrekkie ek my hare wil vasmaak.
Hy koop nie vir my blomme, boeke, juwele of parfuum nie. Hy vat my nie met vakansie na vreemde bestemmings of laat my aan eksotiese disse by restaurante smul nie. Hy gaan fliek nie saam met my nie en hy het nie vir my kar, Saartjie, nuwe bande opgesit nie.
Die man speel nie met my Bibi-kat of vat my ma winkels of kwekery toe nie. Hy help ook nie met tuinwerk nie en maak nooit vir ons vuur of braai vleis nie. In die winter lê die man nie snoesig saam met my voor die TV onder ‘n kombers met ‘n sak vol sjokolade en kyk saam met my marathon TV-reekse nie.
Die man het baie min hare en hy is nie eers twee meter lank nie, maar ek kan regtig nie sonder hom in my lewe nie.
Die eerste keer wat ek die man ontmoet het, was ek so op my senuwees, omdat ek nie my beenhare in die winter geskeer het nie.
My nefie het my vertel van die man en ek is so vies vir myself dat die man nie al lankal in my lewe is nie. My nefie kan ook nie sonder die man nie. Ons is verslaaf aan die man en my nefie sien hom al 10 jaar lank. Ek sien hom nou eers vir bietjie meer as ‘n jaar.
Die man het ook al die trefferboek oor Indië, Shantaram, van die Australiese skrywer, Gregory David Robert, gelees en hy wil sy opvolgboek, The Mountain Shadow, by my leen.
Die man het boonop ‘n vrou en ‘n kind en nóg ‘n baba is op pad.
Die man laat my lê en dan sê hy my een been is baie korter as die ander een, maar hy sal my bene in ‘n japtrap weer ewe lank maak.
Hy sê my heupe is uit en dan laat lê hy my op my sy, sê “haal diep asem, blaas uit” en dan klap hy my heupbene. My nek se klapgeluide is nog meer oorverdowend. Dan kom my skouers aan die beurt en hulle maak ook onaardse klapgeluide. Hy steek ook naalde in my seer skouer in dat my arm lam raak. As hy die naalde wikkel, hou ek nie so baie van hom nie.
Die beste los die man altyd vir laaste. Hy laat my op my maag lê en dan masseer hy my my rug tot dit vuurwarm is. Die man vat al my pyne en skete weg en vir ‘n rukkie kan ek weer kiertsregop loop en die lewe is ‘n lied.
Dan trek ek weer my klere aan en die man stap soos ‘n ware gentleman saam met my uit.
Ek betaal die man kontant en ons maak ons afspraak vir volgende keer in sy dagboek.
Die man met die sagte, ferm hande is my chiropraktisyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie