Die lig van die Afrika-kind
Die Light for the Children Foundation op Gobabis het Vrydag saam met die res van die land die Dag van die Afrika-kind gevier. Die stigting is in 1999 in die lewe geroep en fokus op die kinders en families van die Kanaan-nedersetting. Klem word gelê op vroeë kinderontwikkeling en nasorg. Die kinders ontvang daagliks etes, en houtwerk- en rekenaarklasse vir kinders sowel as volwassenes word aangebied in samewerking met Steps for Children. Vir 48 weeskinders is die stigting ook 'n veilige heenkome. FOTO VERSKAF
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie