Die liefde sonder die soet en die stroop
Die liefde sonder die soet en die stroop

Die liefde sonder die soet en die stroop

Lloyd Zandberg
J.B. Roux

Ná die eerste paar hoofstukke van Veldiep vermoed jy dat Fanie Viljoen ’n menéér van ’n liefdesverhaal kan skryf. En hy het.

Dis ’n kalwerliefde-storie wat aansluit by onlangse Afrikaanse flieks soos Jou Romeo en by albei geslagte aanklank sal vind: Tim se hart is gebreek toe sy meisie, Jessica, hom afsê vir “iemand anders”. Amber se lewe is stukkend nadat sy deur haar eie toedoen uit baie oorde moet hoor hoe lelik sy is. So lelik soos ’n slang, Facebook iemand. Ouch!

Tim en Amber leer mekaar deur geselsies in die donker ken – nie ’n metaforiese “donker” nie en heel onskuldig. Dis, terloops, verfrissend dat die held en heldin nie uit disfunksionele gesinne kom nie. Hierdie boek is nie bedoel om jou wind uit te slaan met die spreekwoordelike seks met die duiwel nie . . .

Die geselsies pas Amber omdat Tim nie kan sien dat sy nie so mooi is soos tienerseuns van hul meisies hou nie. En dit ráák jou dat ’n tienerseun in ’n meisie belangstel sonder om te weet hoe sy lyk.

Daar is ’n Jesebel in die prentjie. En die skoorsoekerige lummel wat Jessica by Tim afgevry het. En perde, altyd ’n treffer in hierdie genre. ’n Glipsie, terloops, het juis met perde te doen: die een oomblik jaag Tim op Apollo se rug deur die veld en laat die dier dan water drink. Jy laat nie ’n warmgeryde perd suip voordat hy nie koudgelei is nie, of hoe?

Die sedeprekie spreek vanself: skoonheid is veldiep, maar dit voel nie of die prekie aan lesers opgedwing word nie en dié waarheid is goed van toepassing op ’n spookasemgenerasie. Die karakters is totaal geloofwaardig en nogtans, of dalk daarom, interessant. Die hoofstuktitels skep telkens ’n lekker afwagting.

Dit is nie ’n stroopsoet boek vir 11-jariges hierdie nie, eerder vir “jong volwassenes” van 12 tot 18 jaar: die eenvoud en liefdestema beteken nie dat lesers se intelligensie onderskat word nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!