Die liefde blom by Pro-Ed Akademie

Helene Bam
- Kyla Horn, Pro-Ed Akademie, Swakopmund

Pro-Ed Akademie se leerlinge het behoorlik partytjie gehou by hul Valentynsdans op die 16de Februarie.

Dis die eerste keer dat dié dans in die week gehou word, maar dit het niemand gekeer om hulself ten volle te geniet nie.

Dit het om 18:00 begin en is in die stadsaal gehou.

Leerlinge het alleen, asook in paartjies opgedaag.

Almal het baie deftig in hul rooi, swart en wit uitrustings gelyk.

Die aand het in die fotohoekie afgeskop waar paartjies, vriende en klasse hul foto’s kon laat neem deur Pro-Ed-leerling Anneke Burger.

“Daar was tussen 80 en 90 mense by die dans,” sê Marinka Grobler, matriekleerling en lid van die sokkiekomitee van Pro-Ed Akademie.

Sy sê dat die sokkie by die stadsaal gehou is, omdat dit ’n formele dans was en hulle tafels om die dansvloer kon sit sodat almal deel van die partytjie kon wees.

Vir die eerste keer in Pro-Ed se geskiedenis moes die sotte by ’n sokkie kelner speel.

Al wat jy moes doen is om jou hand op te steek, te sê wat jy soek en daar trek die sot net om ’n minuut later met jou kleingeld en blikkie Coke terug te keer.

Grobler meen dat dit ’n goeie manier was om die sotte by die dans te betrek.

Aangesien hulle nog sotte is moes hulle ook hul volle wintersdrag gedra het.

Hulle moes ook saam met die graad 9’s om 22:00 huis toe gaan.

Die saal was met rooi, wit en pienk ballonne versier en wit lappe en rooi harte is teen die mure drapeer.

Daar was agt tafels om die dansvloer.

“Ons het tot 23:30 die saal opgeruim,” sê Janus Botes, ’n matriekleerling.

Die musiek was ook topklas.

Dis deur Willis Diergaardt, ’n graad 11-leerling, gedoen.

Die musiek van die Afrikaanse sokkiekoning Kurt Darren tot die Amerikaanse hip-hop kunstenaar Desiigner is gespeel.

Daar was letterlik iets vir almal se ore.

Daar was ook ’n snoepie wat koeldrank, kolwyntjies, warmbrakke en hamburgers verkoop het.

Drie onderwysers, me. Andria Brand, mnr. Wikus Grobler en mnr. Dentie Louw het ’n ogie oor almal gehou.

Almal se voete was omtrént seer Vrydagoggend en byna niemand kon in die klas wakker bly nie.

Ons bedank al die matrieks en onderwysers wat dit 'n heerlike aand gemaak het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!