Die lewe is geen sprokiesverhaal
Die lewe is geen sprokiesverhaal

Die lewe is geen sprokiesverhaal

Francoise Steynberg
Liewe prins Harry,

Baie geluk met jou en jou bruid se sprokiestroue.

Harry, op jou ma Diana en pa prins Charles se troudag het ek al besef die lewe is nie 'n sprokiesverhaal nie.

Ek is 'n baie positiewe, vrolike mens en ek wil nou nie soos 'n bitterbek tannie met katte klink nie, maar ek het op daardie dag in my kinderonskuld besef die lewe is nie regverdig nie.

Op jou ouers se bruilof was ek 'n standerd 3-leerling op Okahandja. Ek weet nie of jy met jou vorige besoek aan Namibië deur Okahandja gery het nie. Dit was die pragtige tuindorp van Namibië waar ek sorgeloos grootgeword het. Ons het smiddae by die munisipale swembad (wat nie meer bestaan nie) geswem en saans tot donker met ons fietse deur die strate gery.

Nou is Okahandja een van die vuilste dorpe in die land. Rundu, een van die mooiste dorpe aan die oewer van die Kavangorivier, vat die koek vir die vuilste dorp in Namibië. Dis asof sommige Namibiërs, leiers inkluis, nie 'n snars omgee oor hierdie mooi land nie - nie oor ons omgewing, die swak ekonomie, werkloosheid, armoede en korrupsie nie.

Ek hoop julle twee duifies kom hou eers hier wittebrood as ons Vrydag klaar ons land met die nasionale skoonmaakveldtog reggeruk het.

Terug na jou mooiste mamma: Toe ek in standerd 2 was, het ek my lang hare afgesny, presies soos jou ma se kort haarstyl met die langerige kuif. Net soos op haar eerste foto op Huisgenoot se voorblad toe sy as kleuterskoolonderwyseres met 'n deurskynende romp gekiek is. Ek hou ook nie van onderrokke nie. Ek het my verbeel ek lyk soos Diana en was so skaam soos sy.

Op jou ouers se troudag het ons koshuisbrakke die hele dag uitgesien om na die bruilof die aand op TV te kyk. Jou ma het pas met haar kreukelrok met strikke en lang sluier in die paadjie afgestap toe 'n onderwyseres haar vererg vir 'n stout seun wat gepraat het. Ons is almal uitgejaag, of jy nou stout was of nie. Die lewe is nie regverdig nie.

Terug na ons koshuiskamers was ons vies en ons het mekaar met komberse in die gange afgesleep. Toe ons hoor die einste onderwyseres kom die trappe opgestap, het ons giggelend in ons beddens gespring. Die onderwyseres het ons vier kamermaats geroep. Ek is as die voorbok uitgekryt en 'n houthanger is op my hand stukkend geslaan.

Harry, ek weet ook jy weet die lewe is nie 'n sprokiesverhaal nie, veral toe jou ma dood is toe jy so bitter jonk was. Ek het gehuil met haar begrafnis toe jy verwese agter haar kis voor duisende moes loop.

Ek weet Meghan se lewe was ook nie maanskyn en rose nie, veral nie met haar simpel halfsibbe wat drama voor jul troue veroorsaak het. Ek was so jammer vir jou bruid toe sy Saterdag alleen in die paadjie moes afstap, veral met die sluier so lank soos jou ma s'n.

Ek is so bly julle twee afvlerkduifies het mekaar gevind en die knoop deurgehak met die mooi bruilof. Ai tog, ek wou net so graag haar haarslierte uit haar oë vee voor jy haar op die kapel se trappies soen.

Ek dink julle sou liewers stil-stil iewers in Namibië se natuurskoon wou trou met 'n swartrenoster wat rustig teen ons asemrowende sonsondergang in die agtergrond wei.

Ons gasvrye Namibiërs verwelkom julle met ope arms en warm glimlagte, al is die lewe hier vir ons gewone, arm mense nie 'n sprokie nie.

Ek hoop julle kan jul wittebrood in Namibië in 'n sprokie omskep en daarna jul lewe saam.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%