Die lewe is darem swaar
Soos ek ouer word, vermy ek mense al hoe meer waar moontlik.
Hulle verwar my en laat my te veel frons.
Maar aan die ander kant is daar niks snaakser as Homo sapiens nie.
Nie te lank terug nie was ek in die Kaap by 'n hotelaand van 'n instansie wat sjefs oplei. Ná die tyd kon die gaste kommentaar lewer oor die hele bedryf – van die musiek en dekor tot die kos en kelners. Sal 'n suur tante wat die hele heerlike aand nie eens een keer 'n mondhoekie probeer lig het nie, sowaar opstaan en kerm: “Die gebakte visvoorgereg was te warm. Ek kon dit nie dadelik eet nie.”
Vir 'n wyle is die pause-knoppie gedruk op die toneel. Sonder om my lippe te beweeg, fluister ek vir my metgesel: “En die ys in my koeldrank is hééltemal te koud.” Toe almal stadigaan weer begin beweeg en geluide maak, antwoord die direkteur van die instansie baie beleefd “dankie, ek neem kennis”, en skryf iets op haar knyperbord. Ek vermoed dit was: Ek gee op.
Die voorval laat my later die aand snuffel oor geite, en ek kom af op dié lys van 'n verskeidenheid klagtes wat 'n bekende reisagentskap saamgestel het:
Julle moenie toelaat dat vroue bostukloos op die strand sonbaai nie. Dit het my man baie ontstel, want hy wou net kom ontspan.
Tydens my vakansie in Goa, Indië, was ek baie vies oor bykans elke restaurant kerrie bedien het. Ek hou níks van gekruide kos nie.
Toe ons by die waterpretpark plek bespreek het, het niemand vir ons gesê ons moet ons eie handdoeke en swembroeke saamvat nie. Ons het gedink dis ingesluit by die prys.
Daar was te veel sand op die strand. Ons moes alles skoonmaak toe ons terug is hotelkamer toe. Die sand was ook nie soos dié op jul advertensies nie. Daarop is die sand wit, maar dit was inderwaarheid eerder 'n gelerige kleur.
Sakemanne in Puerto Vallarta wat oor die etensuur hul winkels sluit, is net lui. Ek wou dikwels tydens die siësta goed gaan koop. Hierdie luiheid moet verbied word.
Niemand het vir ons gesê daar sal visse in die water wees nie – die kinders was verskriklik bang en moes heeldag op die strand sit.
Die brosjure het gesê die kombuis is ten volle toegerus, maar daar was nie 'n eiersnyer nie.
Die paaie was vol slaggate en die bus het so gewip ons kon nie die handleiding oor besienswaardighede lees nie. As gevolg daarvan het ons nie geweet van al die dinge wat ons vakansie meer pret sou maak nie.
Dit het ons nege ure gevat om van Jamaika af terug huis toe na Engeland te vlieg. Dit vat die Amerikaners net drie ure om by die huis te kom. Dis onregverdig.
Ek is baie omgekrap. Ek het die grootte van ons eenslaapkamer-suite vergelyk met ons vriende se drieslaapkamer-suite en ons s'n was aansienlik kleiner.
Toe ons in Italië was, was daar heeltemal te veel Italianers. Die ontvangsdame het Italiaans gepraat, die kos was Italiaans, als was Italiaans. Niemand het vir ons gesê daar sal so baie Italianers wees nie.
Ons moes buite toustaan om vir die boot te wag en daar was geen lugreëling nie.
Ek en my verloofde het gevra vir 'n kamer met twee enkelbeddens toe ons plek bespreek het. Toe word ons 'n kamer met 'n koningsgroottebed gegee. Ons hou julle verantwoordelik en dring aan op vergoeding omdat ek nou swanger is. Dit sou nie gebeur het as julle vir ons die kamer gegee het soos ons bespreek het nie.
Dankie, Haha sapiens. Doen asseblief so voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie