Die Laksman reg vir Ugandees
Die Laksman reg vir Ugandees

Die Laksman reg vir Ugandees

In die skouspel op 1 April sal dié voorgeveg beslis aandag trek.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Walter Kautondokwa, Namibië se middelgewig-laksman in die bokskryt, is gereed om op 1 April in Windhoek met brute krag onder Med Sebyala van Uganda in te klim.

Die 32-jarige “Executioner”, uit die stal van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie, se 13 opponente sover in die beroepskryt het hom net vir 'n gesamentlike 33 rondes besig gehou. Hy is 'n meedoënlose mededinger wat gou met sy opponente klaar speel. Hy het sy laaste 12 gevegte op 'n streep met uitklophoue beëindig en was nog nie een maal aan die verloorkant nie.

Kautondokwa, wat op Eenhana gebore is, het die beroepskryt op 7 September 2013 betree en het stelselmatig sy merk in Afrika se bokswêreld gemaak. Sy enigste onderonsie wat hy eenparig met punte gewen het, was sy debuutgeveg teen Moabi Mothiba van Botswana op Oshikango.

Die Laksman het die vakante Afrika middelgewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) verlede jaar op 6 Augustus teen Walter Dlamini van Suid-Afrika ingepalm en dit suksesvol op 8 Oktober teen Chimwemwe Chiotcha van Malawi verdedig.

Daar word verwag dat die geveg tussen Kautondokwa en die 37-jarige Sebyala van Kampala opnuut iets vir toeskouers kan wees. Die Namibiër plaas nie net sy WBO Afrika middelgewiggordel op die spel nie, maar hy wil ook graag sy agtste posisie op die WBO se nuutste wêreldranglys vir middelgewigte met nog 'n oorwinning verbeter.

Sebyala, wat sy professionele loopbaan op 18 April 2007 teen Med Bukunya in Kampala geloods het, is nie noodwendig 'n maklike kalant nie. Hiervan getuig sy 26 gevegte waarvan hy 16 gewen en 13 met uitklophoue beklink het. Hy is self nog nooit uitgeslaan nie, maar is nege keer met punte geklop, tesame met een gelykop beslissing.

Of Sebyala sy man teen Kautondokwa se kragtige lyfhoue sal kan staan, sal net die tyd leer. Die Ugandees was minder as twee weke gelede (op 11 Maart) teen die 21-jarige Wanik Awdijan van Armenië in Nürnberg, Duitsland, tussen die toue waar hy met punte verloor het en sekerlik 'n knou of twee toegedien was.

Hoewel Awdijan wat tans in Duitsland woon nog skaars 21 is, het die reus van 1.88 meter reeds 20 gevegte agter die blad nadat hy as 17-jarige sy toetrede tot die beroepsarena gemaak het.

Natuurlik jeuk die Laksman om weer in die kryt te klim en hy sien uit na die geveg.

“Ek sien baie uit na die eerste April om weer te kan veg. Ek het die afgelope paar jaar baie ondervinding in die kryt opgedoen en met elke geveg gegroei.

“Ek wil my rekord teen Sebyala verbeter en aan my styl slyp. Ek sal graag my ondersteuners soos oudergewoonte met iets ekstra wil bederf, maar gaan beslis gedissiplineerd en gefokus tussen die toue bly.

“Ek gaan nie onnodig kanse vat nie en geleenthede gebruik soos dit na my kant toe kom. Ek wil Namibië se boksliefhebbers uitnooi om op 1 April soos een man na die Ramatex-saal op te ruk om ons te ondersteun terwyl ons Namibië met trots in die kryt verteenwoordig,” het die vriendelike Kautondokwa vertel.

Nog groot name, soos die trekpleister en gewese wêreldkampioen Paulus Moses (The Hitman) in die hoofgeveg, sal in aksie wees waar toeskouers en BBP's onderskeidelik teen N$50 en N$300 per kaartjie die boksers in aksie kan sien.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%