Die koekblik is nog nie leeg nie
Die koekblik is nog nie leeg nie

Die koekblik is nog nie leeg nie

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Mense, julle kyk die plot mis!

Toe die behuisingstannie op Mariental en die swembadman van Windhoek se voorbeeldige optrede op die lappe kom, toe styg hulle posisies op die kandidatelys van die voorbeeldige party. As jy steel, word dit beloon en as jy uitgevang word, kry jy helde­verering.

Die manne met die aas op die vingers is net tydelik op verlof gesit, sodat die groot manne kan besin watter een van hulle die volgende president en adjunkpresident gaan word. Dit is duidelik dat korrupsie die bevorderingsbarometer in die regerende party is en die rede daarvoor is ook voor die hand liggend. Daar is nie een skoon siel in die regerende party nie en as jy sou optree teen 'n korrupte is die risiko daar dat hy gaan praat en die res laat sink.

So, as jy gevang word, was jy net onverskillig en stel jy die res bloot aan ontbloting en jy word liggies op die vingers getik. Om jou mond te snoer, gee ons jou 'n verhoging in pos, 'n verhoging in salaris en 'n handboek oor “Hoe om te steel sonder om gevang te word”.

Viva kamerade, die koekblik is nog nie leeg nie. Laat loop en maak ons trots!

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!