Die knellende reu00ebn- en geestelike droogte in Namibiu00eb
Die knellende reu00ebn- en geestelike droogte in Namibiu00eb

Die knellende reën- en geestelike droogte in Namibië

Mandy Rittmann
DR. HM ZWEMSTRA SKRYF NAMENS KLASSIS ETOSHA:

As Namibiese gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika het ons by ons jaarlikse vergadering op 6 September 2019 gevoel om met hierdie skrywe met die nood van Namibië te vereenselwig.

Ps. 6:4: “Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?”

Ons sien raak dat die seerkry lank aanhou en baie diep sny en huil saam. Verder is ons diep bewus daarvan dat die droogte ’n groot invloed op die fisieke en geestelike omstandighede van ons land se mense het.

Saam met Romeine 8:10 beaam ons: “Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.” Oor hierdie verwagting wil ons graag ’n geloofsverklaring maak, om ons land en sy mense te versterk en met hoop te bedien.

Ons glo onwrikbaar in dié God wat genoegsaam voorsien en uit wie se hand kom alles wat mooi is (Ps. 16). Dit is Hy wat sy volk nog altyd deur woestyntye lei, sodat hulle Hom in sy almag en heiligheid kan leer ken. Ons doen daarom ook ’n beroep op almal om nie net te bid vir die seëninge van reën nie, maar veral om in hierdie droë tye werklik by die voete van ons Here en Koning te kom. Hy is die bron van strome lewende water wat veel meer versorg as liggaam en veld.

Moenie moed verloor nie. Glo, hoop en vertrou! Ons bid vir jul elkeen.

Doen dit in die diepe besef van die stukkend van ons eie sonde en gebrokenheid. Kom staan weer in verwondering voor Hom wat die fisiese waterdors van elke lewende organisme in ons land ken, maar net so ook die geestelike dors van elkeen wat Hy met sy eie hand geskep het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!