Die jaar van die veldbrande
JURIE VILJOEN SKRYF:
Die jaar 2021 sal waarskynlik bekend staan as die jaar van die veldbrande.
Die geil geel gras wat na ’n goeie reënjaar weiwend in die wind gewaai het, sou spoedig die wrewel van booswigte en ander ten prooi val. So het ons land miljoene hektaar aan weiveld verloor.
In die Omahekestreek het die brand ’n motor verwoes en die vlugtende voorman het ’n paar honderd meter gevlug en langs ’n miershoop gesterf. Elders is Namibiërs ernstig beseer.
Opgedra aan Namibiese boere wat deur brande geteister is:
Die veld ontwaak in die oggenduur;
onrustig oor die rook en vuur.
Dier en mens vlug oorstelp van vrees;
na waar dit dalk kan veilig wees.
Wit wolke wat die lug verbruin;
’n vlam wat deur die vuurrook skyn.
Die vuur brand in ’n vlamme-lyn;
tot waar dit in die rook verdwyn.
Dit maak ’n gloed wat nader kom,
en vlamme met ’n geel-rooi tong.
Soos perde in die wind galop,
skiet vlamme van die gras af op.
Die vuur se gloed wis alles uit;
met woede hartstog en met nyd.
Die vuur word deur die wind gevoed
en als verbrand tot as en roet.
Waar lewe uit die lente stroom,
na elke struik en bos en boom.
Die sap wat na die takkies kom,
verteer die vuur; vrug en blom.
Dit kraak en breek en vonke skiet.
Dit klink soos ’n oorwinningslied
Dan skuif die vuur nog verder aan,
net fakkels wat nog plek-plek staan.
Die wind het ook sy drif verloor.
Vlammetjies brand nog ooral oor;
Rook maak kringetjies in die lug,
om die gloed en vlamme te ontvlug.
’n Stilte daal neer op die veld;
en al wat leef het dit ontgeld.
Geen eer, oorwinning om te vier,
vir elke mens en plant en dier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie