Die impak van politieke apatie

14 January 2019 | Menings
Die meeste Namibiërs is vanjaar weer vinnig uit die blokke met die afgelope vakansiefoto’s wat reeds deel vorm van die een of ander geheue-databasis op sosiale media.

Daar word skouer aan die wiel gesit om kos op die tafel te sit en na die familie se welvaart om te sien.

Min mense besef egter dat hierdie ‘n belangrike jaar is, want in November 2019 vind die jaarlikse algemene en presidentsverkiesings plaas wanneer stemgeregtigdes ‘n kruisie op ‘n stembrief gaan trek wat ‘n impak op die volgende vyf jaar van ons land gaan hê. In die moderne samelewing en politieke landskap is vyf jaar ‘n lang tyd. Besluite wat deur verkose leiers gemaak gaan word, kan die welvaart, al dan nie, van ons land bepaal.

Dit blyk egter dat mense oor die algemeen minder belang stel in politieke verkiesings en dat daar ‘n afname in stemme is oor die afgelope drie verkiesings, veral onder die jonger generasies wat die grootste deel van die bevolking uitmaak.

Volgens statistiek was daar sowat 1 241 194 geregistreerde stemgeregtigdes (18 jaar en ouer) in 2014 waarvan 890 738 (71,76%) gestem het tydens die presidentsverkiesing en 893 643 (72%) tydens die algemene verkiesing.

Vergelyk dit met die 2009- en 2004- verkiesings waar onderskeidelik 82,38% en 84,81% aan die algemene verkiesings deelgeneem het. Dit word gou duidelik dat daar ‘n progressiewe afname in die belangstelling van stemgeregtigdes is om wel aan die demokratiese proses deel te neem. Die vraag wat onmiddellik opkom: Is dit ‘n unieke verskynsel tot Namibië? Die antwoord is nee. Die meeste lande ervaar dieselfde tendens, met die VSA wat uitgesonder kan word.

Verskeie navorsingsbevindings is reeds vrygestel hieroor en dit blyk asof die Millenniërs (gebore 1981-1996; tussen 22-37 jaar oud in 2018) apaties staan teenoor politiek en baie min belangstelling toon om te stem.

In ‘n artikel geskryf deur Caroline Beaton wat in Forbes gepubliseer is, dui sy aan navorsing toon slegs twee uit elke tien Millenniërs is polities bewus en aktief. In haar artikel, “The science behind why Millenniums don’t vote”, word aangedui van die hoofredes hiervoor is dat hierdie generasie vertroue in politieke leiers verloor het omdat hulle as selfdienend beskou word en besluite neem wat nie tot voordeel van die samelewing is nie. Die ander rede is dat die nuwer generasies individualistiese belange koester en tradisionele waardes verander het.

Slegs 50% van Millenniërs ag hulself as patrioties terwyl die meerderheid eerder omgewings- en ander sosiale belange ondersteun. Die reg tot persoonlike keuse en menseregte is meer belangrik en daarom huldig die meeste Millenniërs neutrale opinies oor aspekte soos homoseksualiteit, aborsie en die wettiging van sekere dwelms, onder vele ander temas. Onder ouer generasies, en selfs in politieke kringe, word sterk standpunte oor hierdie aspekte ingeneem terwyl die jonger generasies nie veel hiermee verkeerd sien nie en ag dit as persoonlike keuses in die lewe. Gevolglik distansieer hulle hulself van politiek wat verdeeldheid saai en nie individualiteit en persoonlike regte erken nie. Die navorsing het getoon dat elke generasie sedert die Tweede Wêreldoorlog minder belangstelling in politiek toon.

Die uitdaging hiermee is dat die politieke stelsel nie verander het saam met die tye nie en dat politieke instansies, soos regerings, baie bemagtig word tydens verkiesings om lewensveranderende besluite namens ‘n volk te neem.

Deur polities apaties te staan en nie my reg om te stem uit te oefen nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie, verbeur ek die reg om ná die tyd die politieke leiers se besluite te bevraagteken of om kritiek te lewer oor die stand van sake in die land.

Dit is belangrik om standpunt in te neem en om juis nie apaties te staan nie. Ons moet die jeug, wat die grootste deel van ons bevolking uitmaak en in die toekoms gaan stem vir die leiers van ons land, aanmoedig om debat te voer oor kontemporêre en kontroversiële onderwerpe.

Dit is juis uit hierdie geledere waar transformasie in politieke modelle gaan spruit, wat in die toekoms die nuwe generasies gaan inspireer om standpunt in te neem en na stembusse terug te keer, want hulle ideologiese stem word gehoor.

David Brooks het in The New York Times geskryf: “The great challenge of our moment is the crisis of isolation and fragmanetation, the need to rebind the fabric of a society that has been torn by selfishness, cynicism, distrust and autonomy.”

Soortgelyk

 

El Niño sneuwel dalk

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Namibiërs kan hulself staal teen heelwat meer koue weer in die volgende weke. Terselfdertyd het weerkenners ook goeie nuus oor verswakkende El...

Hulp stroom in vir Swartze

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause – Namibiërs, veral Windhoekers, het gister hul harte oopgemaak vir ouma Katrina en oupa Jacobus Swartz, asook hul ses kleinkinders wat wees gelaat...

SME Bank:‘Geldversender’ in kollig

7 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Me. Kalandra Viljoen, ‘n voormalige eienaar van Asset Movement Financial Services CC (AMFS), ‘n maatskappy wat ‘n yslike N$78.9 miljoen glo uit...

Weer vir 27 Junie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide en sentrale gedeeltes. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik...

Geingob grom oor Erindi

7 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Pres. Hage Geingob het gister gesê Namibiërs moet ophou om beleg­gers met hul gedrag te verjaag.Volgens die staatshoof kan ­inwoners meer doen om...

Geen uitbreking van varkgriep

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië beleef tans ’n toename in die aantal seisoenale H1N1-griepgevalle, met sewe bevestigde gevalle van die siekte wat reeds aangemeld is. Vier...

Vermeende stroperysindikate in hof

7 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Ondanks optogte en petisies van die Outjo-gemeenskap is ses vermeende renosterstropers gisteroggend in die landdroshof op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat....

Moordsaak teen plaaswerker uitgestel

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n Maand nadat die plaaswerker mnr. Lukas Kaskas Kashonga glo twee mense enkele ure ná mekaar in die Rehoboth-omgewing vermoor het, het...

Cites-beraad na Genève verskuif

7 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad is weens veiligheidsredes van Colombo in Sri Lanka na die...