Die huis wat liefde gebou het
Yochanaan Coetzee - In ’n klein plek soos Schlip kan ’n mens vinnig ’n reputasie kry.
Goed of sleg – dit is ’n realiteit dat menings sal verskil. ‘n Voorbeeld is mnr. Olla Olivier - ’n man oor wie verskillende menings onder die dorpie se inwoners bestaan.
Sommige mense sê hy is nie bang om sy opinie te lug nie, en ander dat hy by tye ’n bietjie hardgebak kan wees. Almal is dit wel eens dat hy towerhande het.
“Wat daardie man met sy eie hande vir sy familie gebou het, is merkwaardig,” sê me. Betty Carolus, ’n onderwyser aan die Primêre Skool Schlip.
Toe Suiderland by die Olivier-huis aanklop wat Olla klip vir klip gebou het, is die netjiese hopies klip in verskillende kleure en teksture die eerste ding wat ons opmerk. Maar voordat ek kan vra waarvoor dit is, wys me. Koekie Olivier ons met trots die binnekant van die huis sodat ons self kan sien.
Ons stap in ’n groot sitkamer in met mooi klipwerk teen die mure, handgemaakte lamphegstukke en ’n televisiekas wat uit houtstompe gemaak is.
“Die kamer is groter as die hele eenslaapkamerhuis waarin ek oorspronklik gebly het nadat ek op 19 begin werk het,” lag Olla, ’n subkontrakteur van beroep.
Hy het getrou elke kans wat hy oor naweke of Desembervakansies gekry het, aan sy huis gewerk en dit stuk vir stuk uitgebrei totdat hy en sy vrou getroud is, en toe kon hulle in ’n groot huis intrek.
“Dit was ’n stryd, maar ek het vir myself ’n doel gestel en elke dag gewerk om dié doel te bereik. Al moes ek plante of houtstompe op my rug dra, of bakstene in ’n ou kar van my wat net in ‘reverse’ kon ry, was dit alles die moeite werd wanneer ek dink aan wat dit nou vir my gesin beteken,” sê hy.
“Baie van die goed, soos die klipwerk op die mure, het ek by my oupa geleer, maar ek het dit rêrig eers op my eie mure begin toepas. Mens kan eintlik sien hoe ek van een muur na die volgende beter geword het.”
Van die palmboomstam wat hy in ’n trofeekas vir sy seun, Willow, omskep het tot die netjiese kombuis wat hy vir sy vrou gebou het, die liefde waarmee dié huis gebou en versier is, is duidelik.
En Olivier sê hy is nog ver van klaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie