Die hele reënboog op een stoep

Tanja Bause
Tanja Bause - In Windhoek se hoofstraat is ’n kafeetjie wat oor die jare afgelope ’n hutspot van Namibiërs van alle kleure en geure geword het.

Jy sal nie kwalik geneem word as jy wonder of jy jouself nie dalk in ’n kafee iewers in Italië bevind nie.

Namibiese kunstenaars kry maandeliks die geleentheid om hul musiektalent hier ten toon te stel, maar bowenal is dié kafeetjie die tuiste van een die land se gewildste plaaslike roomysmakers.

Jy hoef ook nie ’n soettand te hê om by Cramer’s Ice Cream, Frozen Yogurt & Coffee Bar uit te hang nie – jy kan altyd ’n wafel met kapana bestel.

Cramer’s is vier jaar gelede deur Ina en Ernst-Ludwig Cramer begin.

Dié skeppende paartjie maak heerlike, vars sorbet, bevrore jogurt en roomys in ’n kombuisie in Windhoek.

Elke dag is daar tussen 10 en 15 verskillende geure roomys en bevrore jogurt om van te kus en te keur,en natuurlik die tuisgemaakte soet of sout wafels met hoender of kapana.

NUWE WEEK, NUWE GEURE

“Elke week verander ons twee tot drie roomys- en bevrore jogurtgeure. So, gaste het altyd ’n nuwe geur wat hulle kan probeer,” het Ina gesê.

Ou gunstelinge soos sjokolade, haselneut en stracciatella is natuurlik altyd beskikbaar. Maar ook springmielie, tiramisu, koljander-en-braambessie, perske-en-karamel, koffie-en-amandels, piesang-en-sjokolade en gebakte appel kan jy by Cramer’s kry.

“Ek het ook al ’n roomys uit wilde basilie gemaak, wat ná die reën op ons plaas groei,” sê Ina.

“Ek dink mens kan alles in roomys sit. Ons speel baie met geure rond. As jy die naam van ’n roomys hoor, moet jy dit kan proe – anders maak ons dit nie. Ons het byvoorbeeld probeer om witsjokoladeroomys te maak. Maar ons kon dit nie regkry dat die roomys wel soos witsjokolade proe nie. Die roomys was baie lekker, maar jy het nie met die eerste hap die witsjokolade geproe nie, so ons het dit toe nie gemaak nie,” sê sy.

“Soms dink ons ’n bestanddeel gaan ’n baie lekker roomys maak, maar sodra dit gevries is, verander die smaak en dan proe dit glad nie soos ons gedink het nie. Natuurlik word dit dan nie gemaak nie,” sê Ina.

ROOMYS VIR ONTBYT

Een van die vreemdste kombinasies wat hulle al gemaak het, was ’n ontbytroomys wat ’n hotel vir hul gaste wou aanbied.

“Ons het ’n spek-en-stroop-roomys gemaak. Ons het ook al roomys uit swart sesamsaad gemaak, wat soos sement gelyk het. Of roomys uit bokkaas met kersies in. Dit klink alles baie vreemd, en dikwels dink ons dit sal nooit verkoop nie, maar die buitengewone roomys is nogal gewild.”

Ook roomys en sorbet met eg Namibiese geure is beskikbaar, hoewel net seisoenaal. Geure soos maroela, kremetart, grenadella, turksvy, moerbei en waatlemoen is voorbeelde hiervan.

“Ons het ook probeer om monkey orange-roomys te maak, maar ons het dié plan laat vaar, omdat ons nie die vrugvlies uit die pitte kon kry nie. Dit is baie moeilik en nie die moeite werd nie.”

Die bevrore jogurt-geure sluit onder meer pomelo, mango, suur kersies en rum-en-papawersaad in. Die sorbet kom in appelliefie-, suurlemoen-en-basilie-, spanspek-, aarbei- en suurlemoengeure.

Volgens Ina word alles wat saam met die roomys gaan, soos die springmielies, die bessie- of aarbeisouse en sjokoladesnippers in hul eie kombuis gemaak.

“Die enigste bestanddeel wat ons koop, is die Oreo-koekies vir die Oreo-roomys. Die res maak ons alles self.”

Vanielje is tans baie duur om te koop en Cramer’s gebruik nie kunsmatige geursel nie, dus sal jy nie vanieljeroomys by die kafee kry nie.

“My gunsteling bly sjokoladeroomys met frambosesorbet en natuurlik tiramisuroomys,” sê Ina.

“Tiramisu-, haselneut- en amarettoroomys is my gunstelinge,” sê Ernst-Ludwig.

HOE ALS BEGIN HET

Ina het per toeval in die roomysbedryf beland. Sy het, terwyl sy haar vier kinders grootgemaak het, kaas en jogurt as stokperdjie begin maak. In 2012 het die gesin na die plaas Rodgers, sowat 170 km buite Windhoek, toe getrek. Hulle het meer melkkoeie aangeskaf en meer melk tot hul beskikking gehad.

“Die wins van die kaasproduksie is baie min, omdat jy baie min van die melk regtig gebruik. Ek het al lank met die idee van roomys maak in my gedagtes rondgeloop, omdat jy al die melk gebruik en dit nog met ander bestanddele kan rek, so die wins is groter. Ook was daar nie regte organiese, tuisgemaakte roomys beskikbaar nie.

“Ek het verveeld geraak met die maak van kaas en jogurt. Daar is nie baie skeppendheid by die produksie betrokke nie. Met die maak van roomys, sorbet en bevrore jogurt kan ek my gedagtes laat gaan en nuwe geure maak, uittoets en probeer.”

KUNS, DANS EN ROOMYSMASJIENE

“Ek het begin google en navorsing op die internet gedoen en raad oor boeke gekry by iemand wat roomys in Kaapstad maak. Ek het ’n klein roomysmasjien gekoop en begin. Tot ons die kafee oopgemaak het, het ek my roomys in winkels verkoop. Mense kan nou nog die 500 ml-houers in die kafee koop.

“Aanvanklik het ons alle roomys op die plaas gemaak, maar nadat ons die kafee oopgemaak het, het ons die produksie na Windhoek verskuif. Al ons roomys word van natuurlike bestanddele gemaak. Daar word geen kunsmatige geurmiddels of stabiliseerders bygevoeg nie.”

Die Cramers maak nie net roomys nie, hulle verkoop ook roomysmasjiene en lei sjefs oraloor die land in die kuns van roomysmaak op.

“Lodges, veral dié wat verafgeleë is, kan nou vir hul gaste unieke, tuisgemaakte, vars roomys aanbied.”

Daar is tans 22 mense by Cramer’s in diens. Twee is voltyds in die kafee werksaam. Daar is ook 14 studente wat in skofte in die kafee werk om hul studies te betaal. Drie mense werk in die kombuis en drie is vir die produksie verantwoordelik.

Cramer’s Ice Cream, Frozen Yoghurt & Coffee Bar is daagliks van 09:00 tot 22:00 oop.

Een keer ’n maand tree ’n Namibiese kunstenaar hier op. Kunstenaars soos Miss H en Elemotho was al gaste.

Salsamusiek en -danse verf ook die stad een keer ’n maand bloedrooi by dié kafeetjie.

“In die toekoms sal ’n kunstenaar ook kunsklasse vir kinders en volwassenes hier aanbied.”

INA CRAMER

Ina is in Duitsland gebore en het daar grootgeword. Sy het in 1998 Namibië toe gekom omdat sy haar praktiese opleiding in landbou en veeartsenykunde hier sou kom doen, maar het toe nooit by studeer uitgekom nie.

“Ek wou oorspronklik landbou of veeartsenykunde studeer. Ek het vir Ernst-Ludwig leer ken en nooit gaan studeer nie. Ons het ’n jaar later getrou en sedertdien woon ek in Namibië.”

Ernst-Ludwig was ’n trofeejagter, wat veral in die Kunene- en Otjozondjupastreek gewerk het, terwyl hy ook geboer het. Ina het die administratiewe deel van die besigheid hanteer, terwyl sy haar vier kinders grootgemaak het.

Dís toe sy kaas en jogurt begin maak het.

MEER KOEIE, MEER MELK

In 2012 het die gesin begin meer tyd in Windhoek as op die plaas deurgebring omdat hul oudste seun nie gelukkig in die koshuis was nie. Ina het meer melkkoeie aangeskaf en hul melkproduksie het uitgebrei. Sy het ook die Organic Box, ’n aanlyn onderneming wat plaasprodukte verkoop, begin.

“Ek wou vir klein produsente ’n mark skep waar hulle hul produkte kon verkoop. Maar hoofsaaklik wou ek ’n mark vir my melkprodukte skep.”

In 2013 het sy met die produksie van roomys begin en in 2015 het Cramer’s Ice Cream, Frozen Yoghurt & Coffee Bar sy deure geopen.

Die Cramers het nou 35 melkkoeie op die plaas Rodgers in die Steinhausen-omgewing. Maar ná vier jaar se droogte moet Ina melk aankoop vir die roomysproduksie omdat haar koeie nie genoeg melk lewer nie.

In 2017 was sy een van die finaliste in die Namibian Businesswoman of the Year-kompetisie.

“Ek het baie jonk getrou en nooit gestudeer nie. Om in die finale van die kompetisie te wees, het my aangespoor om ’n nagraadse diploma in besigheidsbestuur en administrasie by die Universiteit Stellenbosch te doen.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.86/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.20% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0069 | Platinum US$ 937.08/OZ DOWN -0.0031 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.86/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.20% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0069 | Platinum US$ 937.08/OZ DOWN -0.0031