Die gronddebat hu00e9t voordele
Die gronddebat hu00e9t voordele

Die gronddebat hét voordele

Leierskap en kalmte is nodig
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Daar is min sake in die onlangse geskiedenis wat soveel diskoers ontlok het soos die gronddebat.

Terwyl die vuur gestook word, is daar baie stuurmanne aan wal wat hulle slim hou oor die saak. Die feite spreek egter vanself. Verklarings waarin die regerende party ’n proses en die verwagtinge wat daaruit spruit, tegnies nek omgedraai het, laat mense nou twyfel oor hulle eie waarnemingsvermoë, want ander uitkomste is voorgestel.

Sedert die aankondiging in Desember dat ’n nuwe model vir grondeienaarskap en -benutting aan die orde gaan kom, het baie modelle vir die verwagte verloop van dié proses die lig gesien.

Namate die debatte in felheid toegeneem het en as ’n direkte afleiding van die openbare sessies oor die pad vorentoe met die toepaslike dele van die grondwet, was ’n groter wordende kloof tussen belanghebbendes sigbaar. Aan beide kante is daar geldige argumente en waar brugbouers in die verlede verskille kon oorbrug, stuur die gronddebat op ’n laer trekkery af.

Aan die een kant is daar bewese gebreke in beleid, afwesigheid van politieke wil en slaprug administrasies wat mense ontneem het van die eienaarskap van die grond waarop hul bly.

In baie gevalle sou hulle tevrede wees met slegs titelaktes. Baie het wel toegang gekry tot landbougrond, maar met niks in terme van bedryfskapitaal, voorligting en advise nie en het sulke eienaarskap eintlik gegrens aan finansiële selfmoord.

HUIDIGE MODEL WERK NIE

Dis maklik om te kan bewys dat grondoordrag in die huidige model nie werk of kan werk nie en daarvan is ook in die gronddebat getuig. Daarteenoor is daar hoogs produktiewe boerderye (waarvan baie nou deur voorheen benadeeldes bedryf word), wat te midde van enorme uitdagings soos dalende winsgewendheid, beleidonsekerheid, internasionale handelsoorloë, grenslose markte, ensovoorts kos op die tafel sit.

Die aantal mense wat afhanklik is van dié boere neem jaarliks toe en as dit nie daarvoor was nie, sou baie meer as die huidige 12 tot 14 miljoen mense in Suid-Afrika huishoudelike voedselonsekerheid ervaar het.

Ironies genoeg, is dit juis hierdie groep boere wat ook enorme bemagtiging finansier en selfs plase afgee aan werkers.

Dié bemagtiging was eerlike teenvoeters vir die mislukte pogings van die staat en bedoel as beleggings om landbou beter te maak, maar is tot nou toe grootliks misken omdat dit nie party politieke waarde dra nie.

Hierdie boere word nie maklik van koers af gedruk nie, maar selfs hulle dink nou twee keer oor die meriete van verdere beleggings in die landbou. Kortom, twee uiteenlopende standpunte wat nou beredder moet word, maar waarvan die verwysingsraamwerk in terme van uitkomste tans op onversoenbaarheid dui.

Grondonteiening is die instrument van voorkeur vir dié met die politieke mag in die hand om foute van die verlede reg te trek. Politieke druk soos die naderende verkiesings mag wel die visie versteur as gevolg van beperkte sig van besluitnemers, maar om dit as rede aan te voer vir ontoerekeningsvatbaarheid, is ’n droom.

Vir diegene vir wie volhoubaarheid saak maak, is nuwe denke nodig. Die droom van ’n volhoubare landbou bly onveranderd, maar ’n ompad-strategie sal onderhandel moet word.

Die ideale wyse – ’n veranderde patroon van grond eienaarskap – moet egter nog uitgedink word. Bestaande praktyke moet hersien word, maar die summiere oordrag van grond aan almal wat wil boer, is ewe onrealisties. Duidelike onderskeid tussen proses en uitkoms is nodig en hiermee kan gehelp word deur kundiges sonder enige belange, by die debat te betrek. Fokus op die proses en nie op die uitkoms nie, want daarmee kry die sleutelaspekte die aandag wat dit verdien.

In Suid-Afrika het die gronddebat nou ontspoor as gevolg van hierdie verwarring, want die uitkoms wat tans idealiseer word, is in geen terme haalbaar nie. Daar is eenvoudig te veel teenstrydighede met erkende wetmatighede en alle belanghebbendes sal noodwendig fundamentele aspekte van die proses moet uitpraat.

Die naderende twee nasionale grondkonferensie in Namibië sal heel waarskynlik onder die invloed van die Suid-Afrikaanse ervaring plaasvind, veral in terme van die emosies.

Leierskap en kalmte aan beide kante van die kloof, sal help om die proses met die realiteite van die dag te versoen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!