Die geheime van wiskunde ontsluit

06 December 2018 | Onderwys
Die Namibiese Wiskunde-­instituut (NMI) het op 6 en 7 November spesiale wiskundewerkwinkels vir 56 graad 7- en 8-wiskundeonderwysers van die Oshikotostreek aangebied.

Die doel was om die onderwysers se kennis en vaardighede in sekere sleutelbegrippe in wiskunde te verbeter.

Die NMI ontwikkel praktiese wiskundestelsels wat onderwysers in staat stel om moeilike wiskundige begrippe op 'n interaktiewe manier aan leerlinge oor te dra.

In die proses word leerlinge se angs oor wiskunde verlig en belangstelling in die vak geprikkel.

Leerlinge (en onderwysers) wat aan die materiaal blootgestel word, sê hulle verstaan wiskundige begrippe vir die eerste keer en het die leer daarvan selfs geniet.

Wiskundestelsels wat tydens die werkwinkels met onderwysers ­behandel is, sluit in Clock Maths en Fraction Maths.

Eersgenoemde stel ­onderwysers in staat om begrippe soos tyd, tydsduur, hoeke en spoed aan leerlinge te verduidelik. Fraction Maths verduidelik breuke en ­berekenings.

Volgens die direkteur van die NMI, mnr. Pieter Erwee, bly wiskunde 'n groot uitdaging vir baie leerlinge van graad 1 tot 12 – soos die nasionale eksamenuitslae weerspieël.

“Die tipiese benadering in skole is die aanleer van wiskundige metodes. In die proses verstaan baie leerlinge nie die onderliggende begrippe nie en word die vak afgewater tot 'n klomp formules wat leerlinge slaafs, sonder die nodige begrip, navolg in 'n desperate poging om eksamens te slaag. Die doel van wiskunde is om ­leerlinge in staat te stel om logies te kan ­redeneer en probleme op te los.

“Ná meer as 30 jaar in ­naskoolse opleiding kan ek met reg sê die meeste skoolverlaters beskik beslis nie oor hierdie ­vaardighede nie. Dit is ook verskeie werk­gewers se ervaring.”

NMI-wiskundestelsels is beskik­baar by uitgesoekte Waltons-­winkels.

Kontak Erwee by 081 142 6356 vir meer inligting.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...