Die einde is hier!

03 May 2019 | Kuns en vermaak
Monique de Scande – Net ’n vinnige wenk: Indien jy nie die bekroonde Marvel se cinematic universe tot nou toe gevolg het nie, sal ons jou sterk aanraai om eers ’n paar van die flieks te kyk voor jy Endgame aandurf.

Ons weet almal het nie die luukse van baie tyd nie, maar dit sal tot jou eie voordeel wees om ten minste Avengers: Infinity War te kyk voor jy Endgame kyk, want hierdie fliek was die katalisator vir alles in Endgame.

Die noodlottige gebeure in Infinity War (2018) het die heelal in puin gelaat. Die rampspoedige gebeure is deur die titan Thanos (Josh Brolin) begin, wat die helfte van die heelal uitgewis het en ernstige leemtes in die range van die Avengers gelaat het met vriende, familie en bondgenote wat van kant gemaak is.

Met die hulp van die oorblywende bondgenote het die Avengers saamgespan om Thanos se besluite vir oulaas in dié groot finale van die cinematic universe ongedaan te probeer maak.

Gaan kyk dit. Dit is al. Dit is die resensie. Grappie.

Die fliek verdien slegs lof vir dit wat moontlik gemaak is in die drie ure wat die fliek lank is. Om dit ’n fliek te noem, voel verkeerd, want dis soveel meer as dit.

Dis ’n ervaring. Dit bevat uitstekende visuele elemente (kenmerkend van Marvel-flieks) met uitstekende tonele propvol aksie. Endgame is die samevatting van ’n heelal wat oor 22 flieks strek, en dié aspek word perfek in hierdie fliek vasgevang.

Na afloop van die gebeure in Infinity War is dit verstaanbaar dat die karakters laagtepunte in hul lewens bereik, en dié fliek beeld elke karakter se pyn en lyding uit.

Dit wys kykers hoe die karakters probeer om die gebeure te verwerk en maniere vind om te oorleef.

Dit gee aanleiding tot verskeie emosionele tonele en eerlike interaksie tussen karakters wat soveel waarde tot die fliek voeg, veral aangesien gehore die afgelope 11 jaar so geheg aan die karakters geraak het.

Dit is nie moontlik om iets negatief oor die fliek te sê nie. Die grootste deel daarvan gee jou hoendervleis, met ’n traan wat hier en daar gepik sal word, en hou jou op die punt van jou stoel.

Kollig gee die fliek 6/5.

Fliektye tussen 26 April en 2 Mei

Atlanta Cinema (Swakopmund):

Vrydag 13:00

Saterdag 13:30

Sondag 16:30

Maandag 12:30

Dinsdag 16:30

Woensdag 14:00

Donderdag 18:30

Maerua Mall en The Grove (Windhoek):

Vrydag 26 April tot Donderdag 2 Mei:

09:30

13:30

17:15

20:45

Volgorde waarin jy die flieks moet kyk:

Captain America: The First Avenger

Captain Marvel

Iron Man

Iron Man 2

The Incredible Hulk

Thor

The Avengers

Iron Man 3

Thor: The Dark world

Captain America: The Winter Soldier

Guardians of the Galaxy

Guardians of the Galaxy Vol. 2

Avengers: Age of Ultron

Ant-Man

Doctor Strange

Captain America: Civil War

Black Panther

Spider-Man: Homecoming

Thor: Ragnarok

Ant-Man & The Wasp

Avengers: Infinity War

Avengers: Endgame

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

1 uur gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

1 uur gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

1 uur gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

1 uur gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

1 uur gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

1 uur gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

1 uur gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...