Die druk van 'n verkiesingsjaar

17 July 2019 | Menings
Dit is baie maklik om die regerende party én opposisiepartye daarvan te beskuldig dat hulle 'n verkiesingsjaar vir hul eie gewin melk.

Pres. Hage Geingob kom die afgelope week opnuut onder skoot weens sy stadsaalvergaderings om die impak van die droogte te probeer peil.

Jan en San Alleman het dit veral in die sosiale media teen Geingob se beweerde pogings om guns te wen – glo om weer op 27 November as oorwinnaar uit die verkiesingstryd te tree.

Die amptelike opposisie onder leiding van sy leier, mnr. McHenry Venaani, het hom ook by die Alleman-kritici geskaar.

Behalwe dat hy die staatshoof se motiewe bevraagteken, het Venaani gesê die voortslepende droogte heers buitendien nie in stadsale nie. As Geingob ernstig is oor sy bedoeling om die ellende wat die droogte meebring te ervaar, moet hy – soos Venaani – op die droogtegeteisterde plase uitkom.

Tydens een van sy plaassendings het Venaani verlede week midde-in 'n bekgeveg met die weermag beland. Die opposisieleier is van mening weermaggrond behoort eerder aan boere beskikbaar gestel te word. 'n Wedersydse bekgeveg met allerlei beskuldigings wat heen en weer geslinger word, woed sedertdien tussen hom en die weermag.

Maandag het die weermag by monde van sy waarnemende hoof, adjunkmaarskalk Martin Pinehas, gesê hy gaan nie toelaat dat politieke partye by sy werksaamhede inmeng nie. Die weermag gaan veral nie toelaat dat verkiesingskoors ingespan word om dié grondwetlike liggaam te ontsenu nie, het Pinehas gesê.

Teen dié agtergrond is dit belangrik om te maan Namibiërs moet besef vanjaar is 'n bepalende verkiesingsjaar. Dit sal 'n goeie idee wees om politici se pogings met minstens 'n knippie sout te bejeën.



16 Julie 2019



Policing youth violence: knives are a public health issue



When the Guardian embarked on a project to investigate the rising number of children and teenagers being stabbed in 2017, our reporters expected to encounter people traumatised by extreme violence.

Worryingly, politicians appeared to lack the detailed, in-depth knowledge that would enable them to tackle what remains a fraught and contested area.

Over the past few months, the mayor of London, Sadiq Khan, has begun to address this deficit. The launch of a violence reduction unit modelled on a public health approach pioneered in Chicago, and then applied in Glasgow, was a welcome, if overdue, step. Now ministers have got on board, with the announcement of a national “public health duty” to tackle serious violence, including knife crime.

It reframes youth violence as a problem with causes that go beyond bad choices by individual miscreants.

Public health is all about social determinants. In other words, poverty, inequality and the risk factors linked to both: addiction, exclusion from education and recreation, discrimination, domestic violence, unemployment, homelessless and poor housing. Social media too has been shown to play a role in amplifying petty disputes.

That prevention is better than treatment should go without saying when lives are at stake. But progress will only come with renewed investment in communities and education.

• THE GUARDIAN

Soortgelyk

 

The rose among the thorns

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena It would be difficult to meet anyone who is as passionate about food and educating people about a vegan diet than 25-year-old...

A peek into the HR world

1 dag gelede | Mense

Julia MushellengaThere are a few initiatives one can use to empower employees, but my main preference is through engagement. It’s important to create engagement platforms...

Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks

1 dag gelede | Misdaad

Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet,...

Boere betáál vir ‘katkoppe’

1 dag gelede | In beeld

Veilingspryse vir tollies en verse bereik tans nuwe rekordhoogtes, met die hoogste prys van N$47,37 per kg wat vandeesmaand tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal...

Swartlys sy voorland, sê Hatuikulipi

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die eertydse uitvoerende hoof van Investec Asset ­Management en een van die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnr. James ­Hatuikulipi, sê sy bankrekening is N$150...

Bank Windhoek assigns Muukua with CSI and Stakeholder Engagement...

1 dag gelede | Gemeenskap

Bank Windhoek has appointed Veripura Muukua as its new Communication Practitioner, tasked with Corporate Social Investment (CSI) and Stakeholder Engagement, effective Wednesday, 15 January 2020.In...

Investing in the people

1 dag gelede | Gemeenskap

Mariselle Stofberg“A new decade signals a time for reflection and focus on new opportunities that lie untapped before us. A decade passed teaches of victories,...

Commit to be fit

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg It takes exceptional perseverance and determination to continue to chase your dreams despite adversity and complications that may arise. Jonathan Mweneni Mwafangeo has...

The value of the journey

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg“So many times I focused on what I wanted to become, neglecting the process required to get there. As I matured, I realised the...