Die diepte van ons woestyn

09 November 2018 | Kuns en vermaak
Lloyd Zandberg - ’n Uitstalling deur Jacqui Jansen van Vuuren, getiteld Depth, word tans by The Project Room aangebied.

Jacqui was vanjaar betrokke by die skep van verskeie kunswerke vir die luukse Shipwreck Lodge, wat uiteindelik ‘n groot invloed gehad het op die werk wat sy tans skep.

Sy sê die kragtige broosheid van ons woestynomgewing en ons eteriese sonsondergange inspireer die meeste van haar werk.

Met die ontwikkeling van haar spesiale tegniek het Jacqui probeer om die moontlikheid te ondersoek om visuele diepte met keramiekwerk wat in 'n elektriese oond gebak is, te skep.

Dit kan geweldig uitdagend wees en afwisseling met tegniek is min.

Die interaksie tussen die klei, glans en hitte is nie baie opvallend nie.

Met behulp van semiporselein klei op die pottebakker se wiel het sy probeer om 'n gevoel van vrugbaarheid, moontlikheid en die lewe aan te spreek.

Sy maak gebruik van moderne, elegante vroulike vorms, soortgelyk aan die dele van ‘n eier.

Die oppervlaktes word op 'n skilderagtige manier ingespan om visuele balans te skep.

Jacqui is baie opgewonde oor die moontlikhede van hierdie tegniek en hoe sy dit kan toepas om diepte in haar werk te skep.

Die kunstenaar

Jacqui Jansen van Vuuren is gebore en getoë in Windhoek. Sy het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Delta voltooi en het toe Kaapstad toe getrek om mode te studeer.

In 2008 voltooi sy haar BA graad in modeontwerp en 3D-kuns aan die Universiteit van Namibië (Unam) met lof.

Jacqui het op die ouderdom van ses vir die eerste keer met klei kennis gemaak toe sy op ’n sakkie rooi

terracotta-klei afgekom het.

Na jare se ondervinding en verskeie klei-kursusse het sy vertroue in haar vaardighede met klei ontwikkel.

Jansen van Vuuren het al in verskeie lande uitgestal en talle toekennings ontvang.

Sy het al onder meer in die VSA, Europa en verskeie Afrikalande uitgestal.

Ten spyte hiervan betower pottebakkery haar steeds.

Sy is altyd op soek na afwisseling in haar werk, om iets nuuts aan haar versamelaars te kan gee en haar emosies te kan uitdruk.

Tans bied Jacqui pottebakkeryklasse vanuit The Project Room aan, en maak ook ‘n verskeidenheid werke vir restaurante en lodges in die land.

Jacqui is nou betrokke by die Namibiese keramiekwêreld, en is vanjaar as voorsitter van die Pottebakkeryvereniging van Namibië (PAN) aangestel.

Depth open vandag om 18:00 in Jennerstraat, Windhoek-Wes, en duur tot 24 November.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

21 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

21 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

22 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...