Die dans van die reu00ebn
Die dans van die reu00ebn

Die dans van die reën

Landbouvooruitsigte verbeter aansienlik
Ronelle Rademeyer
Dr. Kobus Laubscher



In groot gebiede van die land is transformasie aan die orde van die dag– dor en droë veld en lande is tot die groen van belofte omskep.

Dié verandering getuig van geduld en dankbaarheid, in pas met Eugéne Marais se bekende Dans van die Reën. By die herlees, word die bestaan van 'n onstuitbare revolusie telkens bevestig, met genoeg tydige reën sal die landbou voorloop in die regtrek van die ekonomie.

Boere se verbintenis tot die omsetting van reën, grond en diere tot verbruikbare voedsel, is en was nooit gemik op verlaagde kosinflasie nie. Dit wat land in die waardekettings van plaashek tot bord, is egter die beste verduideliking van ekonomiese vermenigvuldigers.

Die vooruitsigte van verbeterde landbou-omstandighede lei nie net tot ekonomiese optimisme nie, maar ekonome is bereid om te voorspel dat kosinflasie kan verlang­saam, landbou dalk weer 'n netto indiensnemer kan word en veral die platteland bevoordeel kan word deur die stimulasie van vraag.

Hoewel dit nog nie gereën het op al die plekke binne die voedsel­waardeketting nie, is die belofte van verhoogde aanbod teen laer pryse dalk 'n begin.

Huishoudelike voedselonsekerheid kan, as dit van die boere afhang, as sodanig verminder. Dieselfde ekonome is egter ook eerlik in hul siening dat goeie ekonomiese vooruitsigte op plaasvlak ná die reën, getemper kan word namate nader aan die verbruiker se beursie beweeg word.

Stygende werkloosheid, administratiewe inflasie as gevolg van sistemiese ondoeltreffendheid en té lae bestedingsvermoë van die fiskus om die groeisaadjies aan die gang te hou, is maar enkele voorbeelde van hoe die suster se dans ritme in die nuwe jaar kan verloor.

Die energie vir dié dans moet herlaaibaar wees en daaraan kan met vrug gewerk word.

2017 se begin met politieke leiers se verklaring van voorneme kan as retoriek afgemaak word, maar met die aanloop na 'n leierskapsverandering teen die einde van die jaar, moet sterk dwarswinde verwag word.

Die landbou se hantering daarvan sal die werklike waarde van die reën met die nuwe jaar bepaal. Dat 'n storm op pad kan wees, is sigbaar, maar om onderdak te gaan skuil omdat dit dalk kan hael, is kontra-produktief.

Boere behoort te bly doen waarmee hulle die beste is, naamlik lei met die omvorming van basiese hulpbronne na verbruikbare, bekostigbare kos op die tafel.

As daar nie genoeg waardering is vir dié verbintenis binne die grense van die land nie, word dan die betroubaarste voorsiener vir verbruikers in lande wat die nodige waardering sal toon.

In die gees van Marais se bekende gedig, behoort 2017 geniet te word en William Wordsworth se woorde van “To begin, begin” van krag te bly.

Voorspoed!

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!