Die boer wik, en die tegnologie beskik
Die boer wik, en die tegnologie beskik

Die boer wik, en die tegnologie beskik

Digitalisering stel nuwe eise aan arbeid
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Dit is nou ’n bekende feit dat die landbou se huidige produksievermoë binne enkele dekades nie meer die groeiende wêreldbevolking sal kan voed nie.

Kyk ’n mens na die statistieke, kan jy letterlik in die inligting en feite verdwaal. Niemand kan egter wegskram van die werklikheid nie en derhalwe word die hand aan die ploeg geslaan.

Skeptici kan bepaald suksesvol argumenteer dat deur net die vermorsing van en mors met kos te verminder, ons al ’n ent weg kan wees om die tekorte te takel. Daar word geraam dat tot een derde van die voedsel wat tans geproduseer word, onverbruik verlore gaan. Dit is in wisselende grade afhangende van waar in die waardeketting dit plaasdvind en wat die ontwikkelingsvlak van die betrokke land is.

MEER MET MINDER

Die antwoord lê egter dieper, naamlik om (nog) meer met minder te doen.

Verskeie toonaangewende insetverskaffers, veral op die gebied van bemesting, het ver gevorder met die gebruik van tegnologie om gewasproduksie te optimaliseer. Dit is vandag nie meer moontlik om byvoorbeeld te plant sonder om grondontledings te doen nie.

Aan die hand hiervan word die gesondheidstatus van die betrokke land bepaal en daarvolgens word die behoefte aan kunsmis ensovoorts baie akkuraat bepaal.

Tegnologie word vervolgens gebruik om die gekose kunsmis in die regte hoeveelhede toe te dien, waarvan die toediening telkens aangepas word – selfs meter vir meter. Al dié variasies word elektronies vasgevang en daarvolgens word die kostes uitgewerk. Enige verdere behandeling van die land of gewas word vervolgens gedoen aan die hand van hierdie verstommende tegnologie.

Blaarmonsters word geneem en met behulp van toepassings op slimfone wat weer aan rekenaarnetwerke gekoppel is, en vir onmiddellike toepassing vertolk word. So kan die boer nou ’n foto neem van die graan en onmiddellik terugvoer kry oor wat daar fout is.

‘n Toestel in die hand neem blaarmonsters en siedaar, ‘n pasmaak plan is beskikbaar. Dit gaan veral oor die toediening van stikstof, want deur die behoefte te weet, kan toediening optimaal gedoen en vermorsing beperk word. Te veel kan net soveel skade aanrig as te min.

Soortgelyke tegnologie is ook ontwikkel vir die doeltreffende bestuur van vrugteboorde waar tegnologie soos infrarooi-skandering eintlik al ou nuus is vir die bepaling van die gesondheidstatus van die bome. Dié tegnologie gaan verder as net siektebeheer/-bestuur. Die behoefte aan aanvullende stowwe, siektevoorkoming ensovoorts verhoog produksie en beperk verliese.

OOG IN DIE RUIMTER

In dié opsig is satellietbeelde al hoe meer toepaslik, welke beelde tot boordspesifiek toegepas kan word en die betrokke produsent deurlopend ‘n “oog” kan hou.

Hommeltuie word vervolgens ook toenemend ingespan vir die inwin van inligting, welke inligting verwerk word deur bedieners van oor die wêreld om die boer sodoende te bemagtig met inligting waarmee onmiddellike besluite geneem kan word.

Besproeiing word ook gedigitaliseer sodat menslike oordeel al hoe minder nodig is, tensy die integriteit van die inligting onder verdenking kom. Water word in die regte hoeveelhede gegee op grond van die behoefte en digitale blaar- en ander ontledings rig die loop van die spilpunt.

Dit is vandag vir enige boer moontlik om selfs sonder ‘n rekenaar, maar met toegang tot die internet, siektes te identifiseer. ‘n Foto van ‘n plant op die voorgeskrewe manier, ontsluit ‘n magdom advies oor wat om te doen sonder dat die kundiges hoegenaamd naby die betrokke land kon kom.

Kom oestyd, is die vermoë van die elektronika ewe indrukwekkend. Die presiese boer wat alles digitaal kon doen voor en tydens planttyd, kan met die stroop presies sien wat die opbrengs op elke meter van die lande was. Bygesê natuurlik dat met alles wat op die land gebeur het, die elektronika deurgaans ingespan is. Dit rig die trekker om presies te kan plant. Die planter is so ingestel om die pit op die regte diepte te plaas en die kunsmis wat benodig word, is elektronies bepaal en afgelewer. Topbemesting is toegedien aan die hand van ontledings en soos die toediener deur die land beweeg, besluit die monitor voor aan die trekker hoeveel per vierkant meter.

Die spreekwoord “die oog van die baas maak die vee vet”, kry so nuwe betekenis.

Meer werkgeleenthede sal geskep word om die tegnologie te komplementeer. Die vlak van geskooldheid sal egter drasties aangepas moet word om tred te kan hou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!