Die Boer - Duisende ton uie, aartappels verlede jaar uitgevoer
Die Boer - Duisende ton uie, aartappels verlede jaar uitgevoer

Die Boer - Duisende ton uie, aartappels verlede jaar uitgevoer

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Dit gaan goed met die produksie van groente en vrugte in Namibië – soveel so dat die nasionale omset in die derde kwartaal verlede jaar tot N$87 miljoen gestyg het. Dit is N$32 miljoen méér as in die derde kwartaal in 2013, blyk uit die statistiek deur die Akkerbouraad.Altesaam 52% van die vars groente en vrugte wat in die derde kwartaal verlede jaar plaaslik verbruik is, kon deur Namibiese produsente aan die mark voorsien word. Dit beteken net 48% moes ingevoer word.Die Akkerbouraad sê in 'n verklaring dit is te danke aan die totstandkoming van die spesiale skema vir die verbouing van aartappels en uie en die gevolge sluiting van die grens van die invoer van dié produkte. Die skema is die gevolg van 'n ooreenkoms wat in November 2013 tussen die Aartappel- en Uieprodusentevereniging (Popa) en die Namibiese Vereniging van Varsproduktehandelaars (NATFP) gesluit is en op 1 April verlede jaar van krag geword het.Die doel daarvan is om marktoegang vir dié plaaslike produsente te verseker, om in die volgehoue lewering van aartappels en uie aan kleinhandelaars in die land te voorsien asook om verkope te bevorder en die regte kwaliteit te waarborg. Die ooreenkoms maak voorsiening vir die produksie en aankoop van graad 1 normale, medium, groot-medium en groot aartappels en graad 1 normale, klein-medium, medium en groot uie vir verbruik in Namibië. Ekstra-groot uie, klei uie asook piekeluie, rooi uie, sprietuie en gewaste baba-aartappels is nie by die ooreenkoms ingesluit nie.Mnr. Fidelis Mwazi, voorheen die algemene bestuurder van tuinbou by die Akerbouraad en deesdae verbonde aan AMTA, die Agro-bemarking- en handelsagentskap, sê in die verklaring die akkerbousektor beleef enorme groei danksy die Akkerbouraad se rol in die ontwikkeling daarvan.Hy sê die Akkerbouraad het ook die normale invoerpermit-vereistes vir groente en vrugte verander en onder 'n spesiale permit vir die invoer van aartappels en uie voorsiening gemaak."Indien die plaaslike produksie voldoende is, word geen spesiale permitte vir die invoer van aartappels en uie uitgereik nie," sê Mwazi.Dit blyk verder dié skema is so suksesvol dat die grens van Junie tot Desember verlede jaar vir die invoer van aartappels en uie gesluit was.Namibië was tot so 'n mate selfvoorsienend dat produsente tussen April en Augustus verlede jaar sy surplus kon uitvoer.Altesaam 383 ton aartappels ter waarde van N$1,6 miljoen en 3 191 ton uie ter waarde van N$13,3 miljoen is gedurende hierdie tyd uitgevoer."Danksy die sukses van die skema gaan ons begin om ander kommoditeite ook daarby in te sluit wat die plaaslike produksie van groente en vrugte selfs nog verder sal bevorder en ons minder afhanklik sal maak van die invoer van produkte wat wel plaaslike verbou kan word," sê hy.Mwazi sal as senior bestuurder van markbevordering en navorsing by AMTA dié inisiatief bestuur.Ander topgewasseBuiten aartappels en uie, vaar Namibië ook baie goed in die produksie van kool, wortels, soetrissies, tamaties en patats.Navorsing deur die Akkerbouraad wys hierdie varsprodukte kan goeie inkomsteverdieners vir produsente wees, met die verwagte koolproduksie wat in Januarie en Februarie vanjaar 1 600 en 1 265 ton onderskeidelik beloop het.Namibiërs het in Januarie en Februarie verlede jaar net 58 ton kool verbruik.Verlede jaar moes sowat 60 ton patats in Januarie ingevoer word toe plaaslike produsente in net sowat 5 ton van die verbruik kon voorsien. In Februarie het die plaaslike produksie na 25 ton gestyg, en kon invoer na sowat 35 ton daal.Die verwagting vanjaar was dat groenteboere in Januarie en Februarie net onder die 80 en 60 ton onderskeidelik sou produseer.Volgens Mwazi is die reusetoename in produksie in die eerste twee maande vanjaar teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar toe te skryf aan die Akkerbouraad se inisiatief om produsente aan te moedig om hul produksie te verhoog."Die oogmerk is om die Namibiese produsente se markaandeel van die huidige 41,5% tot 60% te verhoog. Ons sal nooit in staat wees om 'n markaandeel van 100% te bereik nie aangesien ons vanweë die klimaat nie kommoditeite soos appels en pere kan verbou nie."Verder speel seisoenalisteit ook 'n rol en sal ons as gevolg daarvan altyd genoodsaak wees om in te voer. Tamaties is byvoorbeeld een van ons top vier gewasse, maar ons moet dit invoer wanneer hierdie gewas nie by ons in seisoen is nie," sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%