Die alewige ‘show’.

Lloyd Zandberg
Frans van Wyk, ’n Namibiese geleentheidskoördineerder, vertel vir Kollig meer oor sy werk.

Dis ’n alewige “show”.

Dié kommentaar moes ek al dikwels oor my loopbaan hoor.

Ek hoop mense wat die wêreld van funksies reël so minag dit darem ook nou en dan geniet om ’n bietjie swier aan ’n byeenkoms te gee.

Dis wonderlik om te sien hoe ’n bietjie dekor, ’n blom op ’n tafel en ’n lapservet jou na nuwe wêrelde kan wegvoer. ‘n Eenvoudige braai met ’n skaaptjopie en wors kan jou laat voel of jy op jou eie plasie in die Karoo sit en staar na die hemel en die sterre terwyl dink aan die spesiale dag toe jy getrou het met die vrou van jou drome, die lekker musiek , troukoek wat skoonma gebak het, en die “honeymoon” op die buurman se plaas by die dam.

Ek is gebore en getoë in die pragtige Namibië, ’n land wat ek nog altyd as “huis” beskou het. Tog bekoor die skitterende liggies van die stad my - die kosmopolitiese leefstyl en die natuurlik die tonne blink goed wat ander mense so verpes. Ek is passievol oor menswees en is die afgelope 24 jaar reeds betrokke by die Namibiese geleentheidsbedryf. Glo my, dit was ’n opdraande pad om te kom waar ek is vandag. Maar daar was darem heelwat gelykpad waar ek myself kon uitleef en ongelooflike funksies and troues kon beplan vir wonderlike kliënte, vriende en familie.

Ek wonder dikwels hoekom ek nie maar ’n prokureur geword het nie - ek hét die mond en die verstand daarvoor. Of ’n chef - ek kán kook en ek weet wat lekker en sleg is. Of ’n verkoopsman, want ek kan verkoop enigiets aan enigiemand verkoop en weet hoe. Andersins sou ek ’n goeie grafiese ontwerper of tydskrifuitgewer kon word, want ek het oorspronklike idees en opinies oor alles wat in my wêreld plaasvind en dit is juis omdat ek ’n aanleg het vir al hierdie beroepe dat ek ’n belese en goeie geleentheidskoördineerder is, ’n passievolle blommeman wat hou van tafel dek en dat ek allerhande idees kan uitdink om ’n eenvoudige troue superspesiaal te maak.

Hoekom doen ek wat ek doen?

Elke dag het nuwe reëls, ’n nuwe vorm, nuwe kleur, geur en idees.

Die lekkerste is dat ek nie hoef nie te doen wat ek gister gedoen het nie. Elke dag bring nuwe families, nuwe vriende en nuwe kliënte oor my pad. My beste vriend sê ek is nie elke mens se “cup of tea” nie, maar as jy een teug van my weg het, dan is jy “hooked for life”. Ek vul die Namibiese geleentheidswêreld aan deur kreatief, vars, vernuwend en so ’n bietjie bo my vuurmaakplek te dink. Mens moet altyd in jouself twyfel, dan weet jy jy’s besig met iets besonders.

Ek hou van superspesiaal, ek hou nie van gemiddeld nie - dit was ek op skool. Vandag maak ek elke bruid en bruidegom se wêreld spesiaal met my Tamonika-span. ’n Troue is tog die eerste dag van ’n nuwe lewe saam en daarvoor moet jy uithang, al is jou begroting klein.

Ek en my span het in die afgelope24 jaar al meer as 700 bruide op ons kerfstok, tonne korporatiewe funksies, bekendstellings, en gesinne wat ons op gereelde basis besoek. Ons gee nie net wat jy betaal nie, ons gee ons harte. Ons gee heeltyd meer, want dis al hoe ons seker maak dat jou funksie “blom” en dat jy superspesiaal voel op jou groot dag.

Hoe lyk die perfekte troue?

Beplan asof jy besig is om mense te nooi vir ’n Sondagmiddagete op die stoep. Begin by jou gaste, want dit bepaal hoeveel mense, menings en liefde op jou troue gaan wees. Besluit daarna op die tafeldoek, die eetservies en die blomme. Dit sal bepaal hoe formeel jul troue gaan wees. Moet nooit iets beplan of op die tafel sit waarvan jy nie hou nie, dit sal jou grief en altyd die item wees wat jy sou wou verander.

Daarna beplan jy die poeding en by ’n troue is dit natuurlik troukoek. Moet nooit beplan rondom hoe dit lyk nie, maar eerder oor hoe dit proe. Dan besluit jy hoe die “trimmings” moet lyk. Musiek is baie belangrik - dit verteenwoordig die karakter van julle as ’n paartjie. Moet nooit bang wees om te luister na dit wat vir jou en jou man mooi is nie, want jy wil immers weer daarna luister ná julle getrou het.

Nog ’n groot bepalende faktor is kos. Dit is waar ek my grootste les geleer het. As jy van skaapboud en aartappels hou, bedien dit dan. Moet nooit “fancy” kos bedien omdat jy bekommerd is oor wat ander mense van jou dink nie. Dit bly een van die duurste aspekte van ’n troue en jy moet dus seker maak dat jy daarvan hou en dat dit jou sal terugneem na spesiale tye in jou lewe.

Die beste raad oor troubeplanning is die volgende: Gaan sit, drink ‘n koffie en vra jouself hoe ’n troue lyk wat jy sal geniet.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!