Die A tot Z van oorgrens-betalings
Die A tot Z van oorgrens-betalings

Die A tot Z van oorgrens-betalings

Oorgrensbetalings word streng gereguleer en kan uitdagend wees vir mense wat net klein bedrae heen en weer wil stuur.
Petrus Malherbe – Oumas, oupas, peetouers, ooms en tannies sit gereeld in dieselfde penarie: Hoe kan ek vir my kleinkind, peetkind, nefie of niggie wat in die buiteland woon geld stuur vir hul verjaardag of Kersfees?

Dieselfde geld familie of vriende wat oorsee woon en vir jou geld wil stuur.

Oorgrensbetalings word streng gereguleer en kan uitdagend wees vir mense wat net klein bedrae heen en weer wil stuur.

Die eenvoudigste manier is om gebruik te maak van ’n betalingsplatform soos PayPal.

PayPal is ’n internasionale opsie vir oorgrensbetalings, maar gebruikers moet steeds aan ’n rits voorwaardes voldoen om geld (wettiglik) in en uit die land te stuur.

Die eerste stap is om ’n PayPal-rekening te skep. Dit is gratis, maar jy moet ’n Suid-Afrikaanse kredietkaartrekening daaraan koppel om geld te kan stuur of om vir oorsese dienste of goedere te kan betaal.

Dit beteken jy kan maklik PayPal gebruik om byvoorbeeld geld aan jou kleinkind in Kanada te stuur.

Die persoon aan wie jy die geld stuur, moet ook ’n PayPal-rekening hê en jy stuur die geld deur hul gekoppelde e-posadres in te vul.

Gaan dit my iets kos?

’n Tarief word gehef eerstens om die geld uit jou gekoppelde kredietkaart te verhaal, tweedens om dit na die ontvanger se betrokke geldeenheid oor te skakel en derdens om die geld in sy rekening in te betaal.

PayPal werk op ’n ingewikkelde tariefstelsel, maar die gemiddelde koste per transaksie is 3,4% van die waarde wat gestuur word, plus ’n vasgestelde tarief afhangende van waarheen die geld gestuur word.

Let daarop dat jy net R1 miljoen per jaar na iemand in die buiteland kan stuur.

Hoe ontvang ek geld in my Suid-Afrikaanse bankrekening?

Die situasie is meer kompleks as jy geld uit die buiteland in jou Suid-Afrikaanse rekening wil ontvang.

PayPal is by FNB geaffilieer, wat betalings na plaaslike bankrekeninge bekragtig.

Jy hoef nie ’n FNB-bankrekening te hê nie, maar dit sal beslis dinge vergemaklik.

Eerstens moet jy jou FNB-rekening met jou PayPal-rekening koppel deur FNB se aanlyn bankdiensteplatform.

As jy reeds ’n aanlyn profiel het, kan jy dit koppel sodra jy aangemeld het.

Indien nie, moet jy ’n profiel skep en dit koppel.

Let wel: As jy ’n Discovery-kredietkaart het, geld dit as ’n FNB-rekening en moet jy ’n profiel op FNB se webwerf met jou kredietkaartnommer en kitsbank-kode skep.

Dit is egter nog het einde niet.

Om geld uit jou PayPal-rekening na ’n Suid-Afrikaanse bankrekening te stuur moet jy dié twee rekeninge koppel.

Hoe koppel ek my PayPal-rekening en profiel by FNB?

FNB maak dit onnodig moeilik om jou PayPal-rekening te koppel sodat jy uitbetalings kan maak.

Eerstens moet jy aanmeld met jou gebruikersnaam en wagwoord. Gaan dan na “My bank accounts”. Links hang ’n kieslys ongeveer in die middel van die skerm.

Klik daarop. Onder “You might also be interested in”, gaan na “PayPal Services”.

Aanwysings verskyn oor hoe om jou PayPal-rekening te koppel. Klik egter weer op die kieslys en jy sal nou ’n opsie sien “Link PayPal Profile”.

Vul die nodige vorms in. Jy kan ook hier jou bankbesonderhede van enige Suid-Afrikaanse bank invul.

Jy sal gevra word om by jou PayPal-rekening aan te meld waarna jou rekening gekoppel kan word.

Dit is nou mits jou PayPal-rekening al geverifieer is.

Hoe verifieer ek my PayPal-rekening?

Om jou PayPal-rekening te bevestig, moet jy twee goed doen: jou e-posadres en kredietkaart bevestig.

PayPal sou vir jou ’n e-pos gestuur het toe jy geregistreer het. In daardie e-pos is ’n skakel waarmee jy die adres kan bevestig.

Om jou kredietkaart te bevestig verg ’n bietjie meer inspanning en geduld.

Sodra jy aangemeld is by PayPal, gaan na “Summary” en dan links onder na “See how much you can send with PayPal”.

’n Nuwe venster maak oop waar jy die limiete op jou kaart kan aanpas. Daar is ’n opsie “Link and confirm your credit card”.

Sodra jy daarop klik, verhaal PayPal $1,95 (sowat R27) van jou kredietkaart.

Die verwysingsnommer vir die betaling soos dit op jou bankstaat verskyn, bevat ’n spesiale kode. PayPal sal aandui waar jy dit kry.

Dit kan ’n paar dae neem vir die transaksie om op jou kredietkaartstaat te verskyn.

Sodra jy die transaksie sien en die geheime kode het, meld weer aan by PayPal en vul dit in.

Sodra jou kredietkaart (en derhalwe jou PayPal-rekening) bevestig is, meld weer aan by FNB en koppel jou rekeninge.

Eers dan sal jy geld uit jou PayPal-rekening met die FNB-profiel na jou Suid-Afrikaanse bankrekening kan oorbetaal.

Na watter wetlike kwessies moet ek oplet?

Hannalie Marsh, hoofbestuurder van Wirecard in Suid-Afrika, sê enigiemand wat van ’n diens soos PayPal gebruik maak, moet hulle vergewis van plaaslike wetgewing oor oorgrensbetalings.

Eerstens word die bedrag wat jy kan stuur of ontvang tot R1 miljoen per jaar beperk.

Oorsese bronne van inkomste is steeds belasbaar en moet verklaar word aan die belastinggaarder, waarsku sy.

Wanneer jy op ’n gereelde grondslag geld in en uit die land stuur, tree regulasies in werking om geldwassery te voorkom. Daarom is dit belangrik dat jou inligting soos deur die Wet op die Finansiële Inligtingsentrum (Fica) vereis, bygewerk en in orde is.

Verskillende reëls geld ook as jy kontant stuur as geskenk, of betaal vir ’n diens gelewer of ’n produk wat jy aanskaf.

Ter wille van deursigtigheid moet reguleerders toegang hê tot hierdie soort transaksies en daarom moet dit deur ’n tussenganger, in dié geval FNB, geskied.

Suid-Afrikaanse regulasies bepaal ook dat enige geld wat in ’n PayPal-rekening ontvang word, binne 30 dae oorgeplaas moet word na jou plaaslike bankrekening.

Met ander woorde, geen geld mag onaangeraak in jou PayPal-rekening lê nie aangesien dit neerkom op die versteking van geld wat moontlik deel van jou belasbare inkomste kan wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 214.61/OZ UP +1.09% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.19/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 908.00/OZ UP +1.47%