Diamante plaaslik gesny en gepoleer

Fabriek in Katutura

08 February 2019 | Sakenuus
Tanja Bause - Deur diamante self te sny en te poleer word waarde tot die plaaslike ekonomie gevoeg.

Met hierdie doel voor oë is DYS-diamantvervaardigers in September 2016 gestig.

Die maatskappy bestaan uit drie groot internasionale diamantmaatskappye, naamlik Dalumi Group Diamonds, Yerushalmi Bros Diamonds en SAHAR ATID Diamonds.

Reign Investments, ’n Namibiese maatskappy wat in 2007 gestig is, is DYS se plaaslike vennoot.

Die maatskappy se aandeelhouers bestaan uit ’n groep Namibiese entrepreneurs met ervaring in mynbou, sake, finansies en ingenieurswese.

Volgens mnr. Frans Ndoroma, direkteur van DYS en Reign Investments-aandeelhouer, is die maatskappy in reaksie op die regering se versoek vir waardetoevoeging in die land gestig.

“Ons het die maatskappy begin om waarde tot ons diamante te voeg deur hulle self te sny en poleer. Maar ook om werk te skep en vaardigheidsontwikkeling te bevorder,” het Ndoroma gesê.

Die fabriek is in 2005 in Katutura opgerig.

“Ons het besluit om dit daar te bou omdat die meeste van ons werkers van Katutura en Khomasdal afkomstig is. Ons wou hulle help om vervoerkostes na byvoorbeeld Prosperita te spaar,” het hy gesê.

Tot dusver het DYS meer as N$62 miljoen in toerusting belê.

Altesaam 91 werknemers is in diens van die maatskappy, waarvan 78 Namibiërs is.

“As ons genoeg hoë gehalte rou diamante kan kry, kan ons meer mense aanstel. Ons het plek vir 190 werkers. Maar tans is daar nie genoeg rou diamante beskikbaar nie,” het mnr. Edwin John, fabriekbestuurder, gesê.

“Die oordrag van vaardighede is vir ons baie belangrik. Toe ons begin het, het ons 23 uitgewekenes gehad. Vandag het ons slegs 13. Hulle word met Namibiërs vervang sodra die vaardighede oorgedra is, hoewel ons nie almal kan vervang nie omdat ons gedurig die nuutste en modernste tegnologie en masjiene aankoop en uitgewekenes nodig het om met opleiding te help,” het John gesê.

“Die prys van rou diamante styg voortdurend. Dus moet ons in nuwe masjiene en tegnologie belê om ons pryse gedurende produksie te kan sny en die maksimum waarde uit ’n rou diamant te kry,” het hy gesê.

Die rou diamante word by Namibia Diamond Trading Company (NDTC) aangekoop en die finale produk word na Dalumi Group Diamonds, Yerushalmi Bros Diamonds en SAHAR ATID Diamonds in Israel uitgevoer, wat dit wêreldwyd versprei.

Elk van dié maatskappye plaas bestellings vir spesifieke diamansnitte.

Dalumi byvoorbeeld verkies die Swana-diamant – ’n uniek gepatenteerde snit met 89 fasette wat ’n perfekte ster met agt punte vorm.

Dié snit word net by fabrieke in Botswana en Namibië deur ’n uitgesoekte groep kundiges gesny.

Elke Swana diamant word deur ’n laser geëts met die Swana-embleem en sertifikaatnommer.

Soortgelyk

 

Groep 'toegesluit' vir duur van kwarantyn

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht 'n Vrou in haar laat sestigs ly aan posttraumatiese stres (PTSD) nadat sy deel van 'n groep was wat in dié deel van...

'Abattoir-ellende skema se skuld'

3 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - “Die kleinveebemarkingskema wat met sy gedwonge binnelandse verslagtingsreëls veronderstel was om waarde tot die skaapbedryf te voeg, het die teenoorgestelde gedoen.“Dit het...

Weer, Maandag 10 Augustus 2020

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en warm, maar baie warm in die Noorde. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig met...

Groot kommer oor tekort aan voorbehoedmiddels

3 ure gelede | Gesondheid

Jemima Beukes – ’n Studie voorspel tot 27 900 onbeplande swangerskappe kan in Namibië voorkom weens ’n tekort aan voorbehoedmiddels wat die Covid-19-pandemie tot gevolg...

Pensioenaris borgtog geweier in verkragtingsaak

3 ure gelede | Misdaad

Adolf Kaure’n Swakopmundse pensioenaris, mnr. Desmond Derrick Fick (61), het Donderdag in dié kusdorp se landdroshof verskyn nadat ’n klag van poging tot verkragting en...

Vandag se Covid-19-data

5 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Saterdag 8 Augustus 2020, soos om 20:00 vanaand aangekondig deur die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, 97 nuwe gevalle

7 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het drie nuwe Covid-19-verwante sterftes vanaand aangekondig. Twee is in Windhoek...

Eddie sal Farrell-hulle nie oorsien

8 ure gelede | Plaaslik

Eddie Jones sal sy spankeuses slegs op spelpeil grond en Saracens se spelers het dus steeds ’n goeie kans om vir Engeland te speel, selfs...

Saterdag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Vrydag, soos om 20:00 gisteraand aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.