Dié vleis, veevoer mag ingevoer word

Veeartseny verslap verbod

04 February 2019 | Landbou
Ronelle Rademeyer - Goeie nuus vir boere in die knelgreep van die droogte is dat gebaalde gras, lusern en kuilvoer ondanks die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika, wel van ses provinsies in die buurland ingevoer mag word.

Die direktoraat veeartsenydienste (DVS) in die ministerie van landbou, water en bosbou het Vrydag aangekondig solank dié veevoere afkomstig is van afgekampte plase in enige provinsie buiten Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, mag dit ingevoer word.

Dié plase moet ook sonder enige vee of wild met gesplete hoewe wees.

Nóg ’n verslapping in die invoerverbod is dat rou beesvleis wat voor 5 Desember 2018 geslag en só geberg is dat dit nie op enige wyse besmet kon word nie, mag ook ingevoer word.

Verder mag vars en gevriesde varkvleis van goedgekeurde varkplase buite Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal ook na Namibië ingevoer word.

Suid-Afrika het vroeg in Januarie aangekondig bek-en-klouseer het in die Vhembe-distrik naby die Krugerwildtuin uitgebreek, waarna Namibië ’n streng invoerverbod vir vleis en ander diereprodukte afgekondig het.

Mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad, het by navraag gesê die vergunnings word verwelkom. Volgens hom bring dit egter nie groot verligting vir die vraag na ingevoerde rooivleis in Namibië nie.

Hy sê sekere voerkrale in Suid-Afrika kan kwalifiseer vir “kompartementele kwarantyn” om bek-en-klouseer-besmettting uit te skakel sodat daardie vleis uitgevoer kan word.

“Ons beplan om hierdie moontlikheid verder met veeartsenydienste te bespreek,” sê hy.

BEKOMMERD

Intussen het die Vleisraad die naweek op die Namibië Landbou-unie (NLU) se program, Landbouradio, op Hartklop FM gesê die uitbreking van hierdie gevreesde dieresiekte en die impak op die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, is opnuut ’n wekroep vir Namibië.

“Uitvoere sal onmiddelik gestaak word, ’n ooraanbod van vleis gaan ontstaan en produsentepryse sal daal. Veronderstel dit gebeur in Namibië se bek-en-klouseer-vrye sone? Alle uitvoere sal gestaak word, geen vervoer van lewende hawe en vleis sal binnelands mag plaasvind nie en produsentepryse sal beduidend val,” het die Vleisraad in sy waarskuwing gesê.

Dié reguleringsliggaam vir die vleisbedryf het ’n beroep op produsente gedoen om nie die onwettige beweging van vee van buurlande af te ondersteun nie en die veterinêre kordonheinings se integriteit te beskerm.

Intussen het Strydom ook aan Republikein gesê die Vleisraad het reeds begin om DVS by te staan om die veterinêre kordonheining in die Kunenestreek te herstel waar olifante dit beskadig het.

Hy sê N$5 miljoen is vir hierdie herstelwerk geoormerk, wat ook op ander plekke tussen die noordelike kommunale gebiede en die bek-en-klouseer-vrye boerderygebiede suid daarvan gedoen gaan word.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

4 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

5 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

16 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

16 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

16 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...